Die naweek kruip al nader so maak seker jy maak maak vanaand ‘n draai by Trademarx. Martin Bester is daar vir ‘n lekker vertoning so maak seker jy is daar vanaf 20:00!
Moenie vergeet om jou kaartjies vir 18 en 19 Maart te koop vir die gewilde Afrikaans Is Groot konsert nie! Die vertoning vind plaas by Grand West Casino so maak seker jy bring jou hele gesin vir die grootste Afrikaanse konsert in die land nie.
Bring jou hele gesin vir ‘n lekker intieme vertoning deur Ampie op Sondag, 13 Maart by Die Boer teater in Durbanville. Slegs R80 per persoon en die vertoning begin om 13:30.
Jay & Lianie skuif vandag voor die kamera’s in vir hulle Vrouekeur fotosessie! Hou die winkelrakke dop vir die spesiale uitgawe waar hulle ook oor hulle nuwe duet-album, Vir Liefde gaan gesels.
Willem Botha kuier in die Kaap vir die splinternuwe opnames van Jou Show saam met Emo Adams! Onthou dat jy ook deel van die gehoor kan wees so bespreek jou kaartjies by 021 948 8781.
Leah is op Woensdag, 30 Maart by Die Boer restaurant-teater in Durbanville te sien. Maak seker jy koop betyds jou kaartjies vir slegs R100 per persoon!