20 Januarie skop die eerste Jukebox-skoletoer af in Virginia. Kyk uit vir Pieter Koen en Willem Botha saam op een verhoog en beslis ‘n aand propvol vermaak vir oud en jonk. Sien jou daar!
Komende Woensdag begin die nuwe reeks van die immergewilde Sterlopers op kykNET. Jy kan Woensdae om 21:00 inskakel om al die kinkels te volg ons eie Willem Botha is ook in die nuwe reeks te sien as Jaydee.
Jay en Leah kom kuier in Namibië van 2 tot 11 Februarie. Kyk uit vir hulle in Okhandja, Otjiwarongo, Windhoek, Swakopmund, Stampriet en Keetmanshoop. Willem Botha sluit by hulle aan vir Windhoek en Swakop so kry jou kaartjies en ons sien jou daar!
Daar begin ‘n splinternuwe reeks van Sterlopers op kykNET op 6 Januarie om 21:00. Maak seker jy skakel in vir al die drama en intrige. Ons eie Willem Botha is ook te sien in die reeks.
Oujaaraand kuier JAY en Lianie May saam met jou in Rustenburg. Bosveld Steak Ranch is die plek om te wees so maak seker jy is daar op 31 Desember vir ‘n lekker partytjie!