Pieter Koen en Dewald Dippenaar is op Vrydag, 25 Maart te sien by Swadini Forever Resort! Heerlike vakansievermaak vir die hele gesin so kontak gerus die oord om jou plek te verseker!
Hulle tweede duet-album is binnekort beskikbaar so maak seker jy kom loer in by KKNK op Donderdag, 24 Maart en miskien word jy verras met ‘n paar van hulle nuwe liedjies!
As jy die langnaweek in die Gauteng omgewing is kom maak ‘n draai op Vrydag, 25 Maar by East Rand Traders in Boksburg! Ampie is daar om vir die vermaak te sorg. Sien jou daar!
Die verhoog is reeds opgeslaan en die klank word ingebring by Grand West Casino vir die grootste Afrikaanse konsert in die land! Afrikaans Is Groot skop Vrydagaand met die eerste vertoning af en nog twee wat Saterdag volg. Koop jou kaartjies by www.groottickets.co.za as jy nog nie plan gemaak het nie!
Môre is dit Eduplex Skool se fondsinsamelings projek by Akasie golfbaan. Pieter Koen gaan die gaste met ‘n liedjie of twee vermaak en gaan selfs die afslaer wees met die veiling!
Leah se vertoning by Die Boer Teater in Durbanville kruip al hoe vinnig nader so maak seker jy bespreek vandag nog jou kaartjies teen slegs R100 per persoon! Kontak hulle op 021 979 1911.
As jy opsoek is na bekostigbare pakette vir jou fees of funksie is jy by die regte plek! Kontak ons op 012 751 3601 vir die beste pryse op van jou gunsteling kunstenaars!