AMPIE BY DIE BOER TEATER
Ampie is Sondag, 13 Maart by Die Boer restaurant-teater in Durbanville te sien! Kaartjies is slegs R80 per persoon en vertoning begin om 13:30.
Ampie is Sondag, 13 Maart by Die Boer restaurant-teater in Durbanville te sien! Kaartjies is slegs R80 per persoon en vertoning begin om 13:30.
Donderdag skop die Anibrand fees in Uitenhage af! Heerlike vermaak vir oud en jonk en Saterdag is Theuns Jordaan, Jay, Lianie May, Blackbyrd, Francois van Coke, Snotkop, Ashley Pienaar en Willem Botha as jou seremoniemeester op die verhoog te sien! Sien jou daar!
Jy kan nou top kunstenaars soos Jay, EDEN, Willem Botha, Pieter Koen, Leah, Ampie, MoniQue, Martin Bester en Jay & Lianie by een plek bespreek! Ons het ook bekostigbare pakette waarop jy lekker spaar as 3 of meer kunstenaars bespreek word! Kontak ons op 012 751 3601 vir enige navrae!
Opsoek na bekostigbare pakette vir jou fees of funksie? Kontak ons gerus op 012 751 3601 vir kwotasies op Jay, Pieter Koen, Willem Botha, MoniQue, Leah, Ampie, Martin Bester, Jay & Lianie en EDEN.
Op Sondag, 13 Maart kan jy ‘n lekker middagvertoning van Ampie by Die Boer restaurant-teater in Durbanville kom geniet. Slegs R80 per persoon. Sien jou daar!
Vanaand is die Fiësta-toekennings by die Staatsteater in Pretoria. Sterkte aan elke benoemde!
Kry vandag nog jou kaartjies vir die Anibrand fees in Uitenhange! Op Saterdag, 27 Februarie kan jy uitsien na Theuns Jordaan, Blackbyrd, Snotkop en vele meer! Besoek hulle webtuiste by www.anibrandfees.co.za vir meer inligting!
Jay en Leah se toer in Namibië het bestaan uit ‘n verskeidenheid diere en natuurlik 6 opwindende vertonings. Willem Botha het by hulle aangesluit vir optredes in Windhoek en Swakopmund en dit was een groot partytjie. Dankie aan elkeen in Otjiwarongo, Okahandja, Windhoek, Swakopmund, Stampriet en Keetmanshoop wat die vertonings bygewoon het. Ons kom kuier…
DetailsPieter Koen en Willem Botha het ‘n groot fees gehad op hulle Jukebox Skoletoer! Die skole het ongelooflike gees gehad! Dankie aan kykNET en elkeen wat die vertonings bygewoon en ondersteun het! Twaalf vertonings in twaalf verskillende dorp met meer as 20 000 mense wat hierdie twee kunstenaars gesien het. Ons kom kuier gou weer!
Jay, MoniQue, Willem Botha en Dewald Wasserfall is almal Vrydagaand by Hoërskool Brits vir ‘n groot buitelug fees! Hekke maak 16:30 oop so maak seker jy is daar!