Lus vir ‘n lekker partytjie? Wees op Saterdag, 30 Januarie by Presley’s in Pretoria vir ‘n opwindende Jay vertoning! Vir enige navrae kontak 012 807 0690.
Vanaand kan jy weer bederf word met jou gunsteling Afrikaanse musiekvideo’s en kunstenaars op Jukebox! Skuif nader en kuier saam met Pieter Koen om 19:30 slegs op kykNET kanaal 144 en kykNET Nou! op Kanaal 146.
Maak gereed vir ‘n lekker partytjie saam met Jay by Presley’s in Boksburg! Kom dans saam op Vrydag, 29 Januarie om 2016 met woema af te skop! Vir enige navrae skakel 011 826 1989.
Oos-Londen maak reg vir groot partytjie op 4 Februarie wanneer Pieter Koen en Willem Botha daar stop met die Jukebox-skoletoer. Kry jou kaartjie en kom kuier saam vir ‘n lekker aand!
Port Elizabeth kan ook saam kuier op die Jukebox-skoletoer op 3 Februarie wanneer Pieter Koen en Willem Botha by die Laerskool Verkenner in aksie is. Sien jou daar!
As jy ‘n fees of funksie beplan en wil meer as een kunstenaar op jou program gebruik? Kontak ons gerus vir spesiale pakket pryse as jy 3 of meer kunstenaars wil bespreek! Stuur ‘n epos na info@coproductions.co.za of kontak ons op 012 751 3601.
Ons kantore is weer oop na die feesseisoen so bespreek al jou gunstelinge sommer nou op een plek vir jou fees, funksie, skou of konsert. Ons kan ook help met klank, beligting en ‘n verhoog indien nodig!
George gaan behoorlik kook wanneer die Jukebox-skoletoer daar stop op 2 Februarie. Kry jou kaartjie en bring almal saam vir ‘n onvergeetlike aand by Tramonto.
Vir meeste skoliere is dit vandag terug hok toe na ‘n lekker lang somervakansie. Sterkte vir die jaar wat voorlê en mag al jou wildste drome in 2016 waar word.