LEAH IN KIMBERLEY
Leah is môre in Kimberley by die Elizabeth Conradie Skool in aksie. Kaartjies is R150 per persoon. Kontak Sandra op 082 351 5743.
Leah is môre in Kimberley by die Elizabeth Conradie Skool in aksie. Kaartjies is R150 per persoon. Kontak Sandra op 082 351 5743.
Môreaand is dit studente-aand by Semi Soet en jy kan saam met Brendan Peyper kuier! Daar gaan baie spesiale aanbiedings wees – gepas vir ‘n student se sak. Deure open om 19:00 en konsert skop om 21:00 af. Toegang is slegs R25. BONUS: Jy gaan dalk ook deel wees van sy nuwe musiekvideo, want dele…
DetailsGerrie Pretorius is komende Saterdag by die NG Kerk Bonaero Park, in Boksburg, in aksie. Kom geniet ‘n heerlike aand saam met hom en sy musiek. Vir meer inligting, kontak Maggie op 082 335 0338.
Vrydag skop die Nyliefees in Nylstroom af en die aand kuier Pieter Koen saam met Juan Boucher op die verhoog. Hekke na die feesterrein open reeds om 15:00 so maak seker jy is vroegtydig daar. Bespreek by www.ticketpro.co.za.
Leah en Lee Scott toer Februarie met hul gewilde produksie, #BattleOfTheSexes. As jy hulle graag by jou wil hê, moet jy ons vinnig kontak. Dit is ook perfek vir ‘n fondsinsameling – bespreek dit met jou skool en ons sal jou help.
Saterdag kuier Willem Botha en Nadia Beukes in Pretoria met hul produksie, #PaaieVanHoop. Hulle gaan by die Laerskool Voorpos in aksie wees. Kaartjies is R150 per persoon. Om te bespreek, skakel 083 650 0759.
Jay du Plessis, Willem Botha, Leah, Pieter Koen en Gerrie Pretorius wil graag by jou optree – of dit nou ‘n fees, damestee, manne-aand of fondsinsameling is, kontak ons span hier, by #COProductions, vandag nog. Besprekings vir 2019 het ook reeds geopen – jy gaan moet wikkel.
Gerrie Pretorius se nuwe album is binnekort op die rak en om dit te vier, gaan hy en Caroline Grace toer. Hulle gaan gedurende Februarie in die Wes- en Suid-Kaap toer en gedurende Julie in die pragtige Namibië. As jy ‘n vertoning wil aanbied, kontak ons kantore op 012 751 3601 of stuur ‘n e-pos…
DetailsWillem Botha en die pragtige Franja du Plessis wil by jou kuier tydens die kykNET NOU #Top20-toer! Hierdie toer skop in Februarie 2019 af en as JY graag wil hê hulle moet by jou skool of #venue optree, skakel Mariette op 012 751 3601 of stuur ‘n e-pos aan mariette@coproductions.co.za.
Willem Botha en Pieter Koen besoek interessante mense en bring jou heerlike stories so op ’n rustige Sondagaand. Sluit jou naweek saam met hulle af om 18:00 – skakel in op kykNET.