Hierdie Woensdagaand is Elvis Blue se optrede by Die Blou Hond met Leah wat die gehoor met ‘n paar liedjies voor die tyd gaan bederf. Kontak die kantoor op 012 348 8820 vir meer inligting.
Vanaand en môre aand is Pieter Koen in die Strand vir die laaste been van die Foyer Produksies se skool- en massakoor optredes! Moet dit nie misloop nie!
Met 2016 wat al nader kruip is dit byna tyd vir nuwe dagbeplanners! Finesse het ‘n projek begin waar R10 geskenk word aan die Smile Foundation vir elke dagbeplanner wat verkoop. Pieter Koen is een van die kunstenaars wat betrokke geraak het by die projek. Binnekort beskikbaar.
Dit is weer Saterdag en amper tyd vir Jukebox op Kyknet! Skakel om 19:30 in op Kanaal 144 vir die lekkerste Afrikaanse musiek en video’s met Pieter Koen aan die stuur van sake.
Moenie te lank wag om jou gunsteling kunstenaar vir jou fees of funksie in 2016 vas te maak nie! Kontak ons gerus vir sakpas pakette vir jou skoolfees of fondsinsameling. Kontak ons op 012 751 3601 of stuur ‘n epos na info@coproductions.co.za.
Pieter Koen en Willem Botha is môre op die program om die deelnemers en toeskouers by die Spar Women’s Race by Supersport Park te vermaak. Kom hardloop saam of kom geniet net die dag saam met jou gesin. Hope pryse te wen!
Saterdagoggend is die Innipark Fees by Laerskool Secunda! Pieter Koen is op die verhoog saam met Adam en Ricus Nel. Kontak vir Marietjie op 083 508 1350 vir al die besonderhede.
Saterdag is Jay saam met talle ander kunstenaars by die Hantam Vleisfees in Calvinia. Vermaak vir oud en jonk so bring jou hele gesin! Kontak die feeskantoor op 027 341 8219 vir kaartjiepryse en ander inligting.
Monique is ook Vrydag by die Gariep Kunstefees in Kimberley. Om 13:30 is sy by die RSG verhoog en vanaf 16:00 is sy die seremoniemeester by die Kyknet verhoog! Moenie haar vertoning op dieselfde verhoog om 18:30 misloop nie.