Dis weer tyd vir Groot FM en Beeld se “skool met die meeste gees” projek en vanoggend kuier MoniQue saam met hulle by die Hoërskool Waterkloof in Pretoria.
Hierdie Saterdag hou Willem Botha en Leah hul lyf aanbieders by die jaarlikse Mej. Centurion Skole-kompetisie. Natuurlik sal elk van hulle ook ‘n liedjie of drie tydens die aand doen.
Vrydagaand kan jy lekker glas wyn en pizza kom geniet by MoniQue se intieme vertoning by die nuwe Musiekskuur by die Barnyard in Pretoria. Sien jou daar!
Vandag kuier Leah met haar splinternuwe album in Welkom. Sy en Willem Botha loer vandag in by ‘n paar skole en vanaand hou hul konsert by die Primêre Skool Naudeville om 19:00. Kaartjies by die deure beskikbaar. Sien jou daar!
Saterdag kom gooi Jay ‘n draai in Polokwane. Hy sal in aksie wees by Dag Ga Boys Saterdagaand so maak ‘n nota in jou dagboek en kom vier die naweek saam met hom!
As jy in die area is maak seker jy kom kuier saam met Willem Botha & Leah môreaand by die Primêre Skool Naudeville om 19:00. Kaartjies slegs R50pp vir skoliere so jy het geen verskoning om nie te kom deel in die pret nie.
21 Mei is Willem Botha en Leah in aksie by Laerskool Louis Trichardt. Bring al jou pelle en die hele gesin – dit gaan ‘n lekker jol vir jonk en oud wees. R50pp vir skoliere en R80pp vir volwassenes. Kaartjies by die skool beskikbaar.
Gelukkige Moedersdag aan al die moeders! Hoop julle het ‘n ongelooflike dag saam met die spesiale mense in jul lewe en natuurlik hoop ons julle word lekker bederf!
Potgietersrus of Mokopane hoe jy hom ookal noem – Willem Botha en Leah is op pad na julle! 19 Mei by Hoërskool Piet Potgieter. Slegs R50pp vir skoliere en R80pp vir volwassenes.