Kom klim saam op hierdie onvergeetlike bootreis van Bobby van Jaarsveld want Willem Botha en Leah gaan ook saam in 2019! Bespreek sommer nou jou kajuit!
Jy besluit wie wen! Stem vir Jay in die afdeling Gunsteling Manlike Kunstenaar vir vanjaar se Ghoema-toekennings! Jy kan stem soveel as wat jy wil – so begin sommer nou!
Willem Botha gesels vandag om 12:45 met EdenFM oor sy optrede by Sterrenag – Musiek met Hart wat op 2 April by die KKNK plaasvind. Moet nie hierdie onvergeetlike aand onder die sterre misloop nie!
Hierdie Donderdag begin die opwindende chick fliek, Susters, in fliekteaters draai! Hier is ‘n lys van teaters waar jy vir Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson op die grootskerm kan geniet!
Die skole sluit binnekort maar ons kantore bly oop hierdie vakansie om jou te help om jou volgende fees, skou of konsert te beplan. Kontak ons vriendelike span op 012 751 3601 vir meer inligting!
Die Ghoema-nominasies is bekendgemaak en jy kan vir Willem Botha stem in die afdeling: Gunsteling Manlike Kunstenaar. Hy is ook die seremoniemeester van hierdie spoggeleentheid. Stem nou – jy kan ook wen! Om vir Willem te stem: SMS PM36 na 39952.
Lus vir luilekker Sondag-vermaak? Skakel dan in vir Kwêla om 18:00 op kykNET en kuier saam met Willem Botha en Pieter Koen as hulle die interessante mense en dorpies besoek.
Skakel ook in op Bravo om 19:30 om alles te sien van ons, CO Productions, se Showcase, met twaalf kunstenaars, wat onlangs plaasgevind het. Loer hier na ‘n voorsmakie: https://youtu.be/wxvNjSNbNm0