Willem Botha

Sy splinternuwe album, ’n Liefde Soos Die, het pas die rakke getref. Dié album se titelsnit, ’n duet tussen Willem en Tarryn Lamb, is in Februarie 2020 saam met die musiekvideo vrygestel en het die land aan die gons. Dié musiekvideo is binne enkele dae meer as 100 000 kere gekyk.  ’n Liefde Soos Die is ook digitaal beskikbaar – klik hier: https://umgafrica.lnk.to/liefdesoosdie.  Willem kuier ook elke Sondag saam in jou sitkamer as veldaanbieder vir Kwêla en neem ook kiekies van ander bekendes vir tydskrifvoorblaaie.

Leah

Haar langverwagte album, Kyk Na My, is landswyd by vooraanstaande musiekhandelaars asook digitaal beskikbaar. Die eerste enkelsnit, wat ook die titelsnit is, se musiekvideo raak jou hartsnare en kan op YouTube geniet word. Sy toer die land vol met ’n dagboek wat byna reeds vol is vir 2020. Sy en Lee Scott werk ook hard aan nuwe inhoud vir hul produksie Battle of the Voices.

Jay

JAY toer die land vol en aanhangers kan net nie genoeg kry nie. Hy is ook tans in die ateljee besig om te werk aan ’n nuwe liedjie wat jou omtrent gaan wil laat skoffel! Dié enkelsnit sal eerdaags vrygestel word. JAY die ideale keuse vir enige kuierplek, fees of funksie waar jy die partytjie aan die gang wil kry.

Robbie Wessels

Robbie Wessels het nou vroeg in 2020 sy musiekvideo vir Khoi and Son vrygestel en aanhangers is vol lof vir dié tong-in-die-kies boodskap wat hy oordra. Dié liedjie sal ook op sy nuwe album wees wat nog in die eerste helfte van 2020 vrygestel sal word. Robbie doen slegs 45 x optredes per jaar wat hom lekker eksklusief maak. Jy gaan moet wikkel om hom te bespreek.

Lee Scott

Hy is een van die beste stemme in die bedryf en het onlangs ’n draai op die Starlight Classics verhoog gemaak. Hy werk tans aan ’n splinternuwe enkelsnit wat binnekort die lig sal sien. Lee het ook bekend geword as aanbieder van die musiekprogram, Kliphard, wat op SABC2 uitgesaai word. Hy is tans besig met opnames aan die nuwe seisoen wat eersdaags sal afskop.

André Schwartz

Hierdie lewende legende in Afrikaans se produksie, Die Pad, word ongelooflik goed ontvang en gehore beskryf dié konsert as “inspirerend” en “kos vir die siel”. Met ’n tikkie nostalgie en humor neem André jou op sy lewensreis – van kind tot nou op sy pad met MNS. Sy album, met dieselfde titel, bevat enkelsnitte soos Tweede Kans, Ek Sal Wag en die titelsnit. Sy en Coenie de Villiers se produksie Grensloos kan ook eksklusief by CO Productions bespreek word.  Tydens dié konsert dink en André en Coenie ook terug aan hul eerste opnames – waarvan sommige tot in die sewentigerjare strek.

Bianca Le Grange

Hierdie diva is ’n bondel energie met ’n engelstem. Bianca is die ideale antwoord vir enige korporatiewe funksie of produksie en werk ook tans aan nuwe Afrikaanse materiaal saam met manlief, David Johnson (Liam van Getroud met Rugby-faam) wat vroeg 2020 uitgereik sal word.  Sy is ook ‘n uitmuntende MC en sal enige geleentheid laat sprankel.

REYNARDT HUGO

Na nege jaar as lid van die ADAM is Reynardt nou op die drumpel van sy solo-loopbaan met sy eerste enkelsnit, Die Rivier, wat nou in Maart 2020 vrygestel word. Reynardt is perfek as kunstenaar én MC vir enige funksie. Dié geliefde dr. Tertius Jonker van Binneland trou ook vroeg in April. Maak maar reg – want daar is baie opwindende nuus oor hom wat ons nog met jou gaan deel!