Leah   Face   twitter

Biografie

Met ’n nuwe klank wat ’n ander sy van Afrikaans ten toonstel, bring Leah, gebore en getoë in Bellville, Kaapstad se noordelike voorstede in die kollig as die oorsprong van alles wat vars is – en musiekliefhebbers gaan mal wees daaroor!

“Ek gaan stroom-op,” vertel Leah van Niekerk. “Ek wil hê my musiek moet mense wys Afrikaanse musiek het meer om te bied as wat hulle verwag. My klank is totaal bekend en gemaklik maar daar is ook die subtiele nuanses wat die evolusie aanvoer van musiek wat ek baie liefhet.”

Sy is nie net toegerus met ’n 14-snit debuut wat vroeg in 2015 die lig sal sien nie – Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom (Regte) agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse. “Musiek is in my bloed,” voeg sy by. “Albei my ouers ondersteun my geweldig. My ma was nog altyd ’n voorstander daarvan dat ek eties and eerlik is in alles wat ek doen, wat dalk vreemd mag klink – maar dit is eienskappe waaraan ek hard werk en oral toepas.”

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussenin, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk: sy is raakgesien in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie wat sy ook gewen het. Kort daarna het die vermaarde liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande ’n opnamekontrak te verseker.

Terwyl sy gewerk het aan haar langverwagte solo-debuutalbum, is die sangeres, wat in haar twintigs is en onlangs getroud is, ook genooi om in die hoogs-aangeskrewe silwerskermsukses As Jy Sing te sing en toneel te speel. “Dit was ’n ongelooflike ervaring. Soveel so dat ek elke oomblik geniet het en dit met liefde weer sal doen,” deel sy mee.

Johan en Christof Kotze het 13 van die 14 snitte geskryf op hierdie koel versameling saamgeselsliedjies wat Leah se toetrede verteenwoordig. Die uitsondering is Leah se betowerende interpretasie van Christina Perri se trefferenkelspeler “A Thousand Years”.

“Wat ek doen is meer kontemporêr as pop,” verduidelik Leah. “Dink aan vroëe Rihanna, gemeng met ’n bietjie Jason Mraz, ‘n tikkie Jack Johnson daarby, met ’n groot skep passievolle organiese varsheid, en dan kom jy hopelik by my uit.”

Snitte soos Ek Moes Jou Gesoen Het, met Bobby van Jaarsveld as gaskunstenaar, getuig van Leah se vernuf, van begin tot einde. “Ek wil net optree en musiekmaak,” gee sy toe. “Toe ek grootgeword het was Laurika Rauch and Karen Wessels se Hoe Durf Jy name en liedjies wat so by my aanklank gevind het dat ek hulle navolg en alles waarvoor hulle en hul musiek staan. Maar hierdie keer lewer ek dit op my eie terme.”

Sy is popmusiek se mezzo-soprano, behendig en tersiêr opgelei – Leah is alles behalwe ’n oornagsukses of ’n verskietende ster. Wat sy is, is 100% oorspronklik, dapper en krities oor musiek wat vir vele ander week in en week uit deug as agtergrond vir partytjies. “Ek dryf myself elke liewe dag, wat my stem betref, fisies en emosioneel, om my beste te gee in alles wat ek doen,” deel sy mee. “Anders, wat is die punt?”

Om haar stembande uit te daag, en haar gehoor saam te nooi vir die uitstappie is iets waarin Leah uitblink. “Ek beoog altyd om my luisteraars op ’n reis te neem,” vertel Leah. Stel jouself voor ’n hoë C, klavier, ’n bietjie ligte kitaar, en funky, ongewone en totaal moderne vertolkings van die wêreld om haar – Leah het bewys sy is die ware Jakob, selfs voor die eerste van baie nommer-een treffers sy merk vind.

“Ek het grootgeword en geniet my lewe,” sluit Leah af. “Ek is meer volwasse as toe ek in die musiekbedryf begin het. Vandag is ek gevestig en geheel en al betrokke by wat ek wil behaal. Ek weet wat ek wil hê en daarmee saam kom insig en die besef dat dit die moeite werd is om te wag vir goeie dinge.”

Baie soos Leah se toetrede tot wêreldwye sukses.

 

IN KORT:

• Rapport Model van die Jaar wenner – 2011
• hoofrol in musiekfliek – As Jy Sing – 2013
• CD vrystelling van As Jy Sing se klankbaan – 2013
• DVD vrystelling van As Jy Sing – 2014
• gaskunstenaar in Afrikaans Is Groot Die Konsert – 2014
• debuutablum, Wonderwerk, vrygestel – April 2015

LEAH – WONDERWERK DELUXE

Leah se Deluxe-weergawe van Wonderwerk spog met drie splinternuwe treffers asook n nuwe duet en nuwe weergawes van Met Jou Klere Aan en Meer As Niks. Uitgereik in 2016.

1. Jou Liefde
2. Cest La Vie
3. Maak My Dag
4. Photograph met Roan van As
5. Volmaan
6. Ek Bely
7. Met Jou Klere Aan
8. Meer As Niks
9. Dronk Vir Jou
10. Kannieophoudinkaanjougedagte
11. Liefde Is
12. Ek Vergewe Jou met Dewald Wasserfall
13. Mooiweer
14. Iemand Wat Ek Nog Nie Ken Nie
15. As Dit Verby Is
16. Wonderwerk

Koop Nou

LEAH – AS JY SING

Sy het die hoofrol in die Afrikaanse musiekfliek gespeel teenoor die smeulende Bobby van Jaarsveld. Hiermee die klankbaan van die fliek. Haar debuut album sal begin 2015 op die rakke wees.

1.  Totaal Finaal
2. Eendag As Ons Groot Is
3. Snak Na My Asem
4. Ek Moes Jou Gesoen Het
5. Knieë Lam
6. ‘n Vrou Wil Dit Hoor
7. Ek Wil Nie Kwaad Gaan Slaap Nie
8. Hoor Hoe Raas Die  Stilte
9. Timbuktu
10. Superhero
11. Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde
12. In Twee Geskeur
13. Soentjie
14. Huil Soos ‘n Man
15. Eendag As Ons Groot Is – Reprise

LEAH – WONDERWERK

Die langverwagte debuutalbum van nuwe sangsensie, Leah is beslis een wat in jou versameling moet pryk! Lekker luister musiek met siel.

1. Wonderwerk
2. Mooiweer
3. Met Jou Klere Aan
4. Volmaan
5. Ek Bely
6. Ek Vergewe Jou (duet met Dewald Wasserfall)
7. Meer As Niks
8. Liefde Is…
9. Ek Moes jou Gesoen Het (duet met Bobby van Jaarsveld)
10. Dronk Vir Jou
11. Iemand Wat Ek Nog Nie Ken Nie
12. Kannieophoudink-aanjougedagte
13. Perfeksie
14. As Dit Verby Is

Koop Nou


Seashells Holiday Apartments and Conference Centre goeie genade maar ons het lekker gebly by julle!! BAIE baie dankie dat julle ons gehuisves het met ons toer, wens ons kon langer bly 💛 Die see maak maar nou net my hart bly 🙏🏼

Lee Scott CO Productions
... See MoreSee Less

View on Facebook

En so is dit die laaste dag van my en Lee Scott se Toer! Port Elizabeth, ons sien jul vanaand by La Colline , kry dadelik jou kaartjies by 0413795548 👏🏻🙏🏼🎉 ... See MoreSee Less

View on Facebook

Dis lekker in JEFFREYSBAAI! Vanaand is ek en Lee Scott 8pm by Je'Vista Social Café Jeffrey's Bay, kaartjies R100 by die deur 👏🏻🎉🥂 ... See MoreSee Less

View on Facebook

Nuutste nuus oor Leah

LEAH EN LEE IN PORT ELIZABETH

Leah en Lee Scott is in die Vriendelike Stad, Port Elizabeth, vir hul konsert vanaand by La Colline. Skakel om 13:30 in op Luister FM as hulle bietjie meer van hul produksie, #BattleOfTheSexes, gaan vertel.

SLUIT AAN BY ONS NUUSBRIEF

Dit is so maklik om deel te word van ons familie en op hoogte te bly met al die nuus. Sluit net aan by maandelikse nuusbrief. Jy kan dit hier, op die webtuiste, doen.

LEAH EN LEE IN UITENHAGE

Leah en Lee is vanaand in Uitenhage, by die Barkleystraat Teater, in aksie. Ons hoop ons sien jou daar!

LEAH IN BLOEMFONTEIN

Leah kuier vanaand in Bloemfontein wanneer die Cheetahs en Munster mekaar in die Pro14-rugbyreeks by die Toyota Stadium aanpak.

LEAH IN WORCESTER

Leah is môre by HTS Drostdy in Worcester in aksie as deel van hulle Belewenisweek. Kontak gerus vir Annamarie op 082 337 6849 vir meer inligting.

UITENHAGE IS JULLE REG VIR BATTLE OF THE SEXES?

Het jy al jou kaartjies vir Leah en Lee Scott se optrede op 17 April by die Barkleystraat Teater in Uitenhage? Bespreek sommer nou vir #BattleOfTheSexes. Hierdie vertoning is enig in sy soort!

VEELS GELUK!

Vandag verjaar die CO van COProductions, Corne Oosthuizen! Mag dit ‘n geseënde jaar wees en baie dankie vir alles wat jy vir ons, jou span, doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

4 × 1 =

clear formSubmit