EDEN   Face   twitter

Die manne van EDEN is terug!!! Jay, Paulo en Johan is na byna vier jaar terug as EDEN met ‘n splinternuwe album en ‘n paar skouspelagtige shows in 2015.

Hulle is, was en bly een van Suid-Afrika se gunsteling sanggroepe. Die kombinasie van hulle verruklike stemme, pragtige harmonieë en energieke optredes, asook hulle oorspronklike trefferliedjies het hulle debuutalbum, Point of no return tot platinum status verkope laat skiet.  Hulle het ook 3 SAMA nominasies vir die album ontvang.

EDEN het daarna hulle tweede album, getiteld – EDEN as ‘n drietal vrygestel en het weer 3 SAMA nomisasies ontvang, waar hulle weggestap het met die toekenning vir Beste Afrikaanse Pop Album.  Hulle het verder naam gemaak deur ‘n MK Toekenning, 2 Tempo Toekennings sowel as ‘n VONK Musiek Toekenning te ontvang, om slegs ‘n paar te noem.

Kniee Lam is in 2009 bekengestel en het in die eerste week van verkope reeds goue status behaal, waar die album alreeds dubbel platinum verkope behaal het.  Dit was ook die eerste plaaslike bekendstelling wat die nommer 1 posisie op die DKNT ranglys gehaal het.  EDEN het hulle tweede SAMA toekenning vir Beste Afrikaanse Pop Album vir Kniee Lam ontvang.

Om 10 jaar in die musiekbedryf te herdenk word ‘n dubbel-album Dekade bekendgestel, wat meer as 40 000 eenhede verkoop het.

Die groep het daarna besluit om paadjies te skei om sodoende afsonderlike projekte aan te pak, maar het steeds op almal se lippe gebly met treffers soos SuperHero.

Hul splinternuwe album, Nooit Oud Raak Nie, is onlangs vrygestel en bevat nuwe oorspronklike snitte, ‘n paar ou gunsteling covers en van hul eie ou gunstelinge maak ook deel uit van hierdie opwindende vrystelling. Die eerste enkelsnit, Dirty Dancing, klim reeds trefferparades reg oor die land.

Die album bevat ook twee duette – ‘n splinternuwe een – Butterflies met Bobby van Jaarsveld en ‘n cover I Wanna Know What Love Is met die ongelooflike Coleske.

2015 gaan die manne ook weer konsert hou – ‘n paar selektiewe eksklusiewe optredes wat beloof om ongelooflik te wees. Hulle is terug met ‘n BANG! Maak seker jy kry jou kaartjies vir hierdie optredes, want dit gaan beslis ‘n memorable ondervinding sal wees..

Hou ons webwerf dop vir meer inligting oor die EDEN-optredes.

EDEN – NOOIT OUD RAAK NIE

Na byna vier jaar is die manne terug met ’n splinternuwe album propvol nuwe oorspronklike snitte. Skrywers sluit in Johan Vorster, Christoph Kotzé, Ewald Coleske en Johan Oberholzer. Hier beloof een van die grootste uitreiking van die jaar te wees. Sluit in ’n duet met Coleske asook een met Bobby van Jaarsveld. Uitgereik in 2014.

  1. Dirty Dancing
  2. 458 Italia
  3. Jy Soen Alles Reg
  4. Butterflies ft Bobby van Jaarsveld
  5. Liefde Was Eers Liefde
  6. Nooit Oud Raak Nie
  7. Jy Proe So Lekker
  8. Maak Nie Saak Nie
  9. I Wanna Know What Love Is ft. Coleske
  10. Beds Are Burning
  11. Kiss Me (Strawberry Lips)
  12. Super-Hero
  13. Somer Van Ons Lewe
  14. Eden Medley AIG 2013
    14.1   54 5De Straat
    14.2   Lyf Teen Lyf
    14.3   Is Jy Bang

Koop Nou!


Unable to display Facebook posts.
Show error

Error: (#4) Application request limit reached
Type: OAuthException
Code: 4
Please refer to our Error Message Reference.

Nuutste nuus oor EDEN

HET JY AL JOU GUNSTELINGE BESPREEK?

Die dagboeke vir 2017 is reeds oop en raak by die dag vol. Bespreek vandag nog vir kunstenaars soos Willem Botha, Leah, Pieter Koen, Martin Bester, Jay en Jay en Lianie May vir jou geleentheid in 2017. Ons het self spesiale tariewe wat jou begroting sal pas. Kontak ons op 012 751 3601 of e-pos…

Details

AFRIKAANS IS GROOT IS OM DIE DRAAI

Afrikaans is Groot is om die draai en daar is nog ’n aantal kaartjies oor by TicketPro. Bespreek jou kaartjies vandag nog en kom geniet hierdie wêreldklas vertoning saam met ons.

BESPREEK DIE KUNSTENAARS VIR JOU GELEENTHEID

Opsoek na vermaak vir jou fees, skou, funksie of geleentheid? Jy is op die regte plek! Bespreek vandag nog vir kunstenaars soos Willem Botha, Leah, Pieter Koen, Martin Bester, Jay en Jay en Lianie May vir jou geleentheid in 2017. Ons het self spesiale tariewe wat jou begroting sal pas. Kontak ons op 012 751…

Details

BESPREEK JOU GUNSTELING BY ONS

Bespreek vandag nog al jou gunsteling kunstenaars soos Willem Botha, Leah SA, Pieter Koen, Jay du Plessis en Lianie May en Jay vir jou volgende fees, skool of funksie. Ons sakpas pryse bied jou waarde vir geld en boonop het ons spesiale pakette. Skakel gerus ons kantoor by 012 751 3601 of e-pos ons by…

Details

LAASTE EDEN VERTONING

Eden tree vir oulaas by Laerskool Die Poort in Pretoria op. Trek jou dansskoene aan en kom kuier gerus saam hierdie Saterdag, 17 September. Leah SA en Willem Botha gaan die voorvertoning doen.

BESPREEK JOU GUNSTELINGE OP EEN PLEK!

Fees, skou, skool of funksies? Jy is by die regte plek! Ons het net die beste vermaak om jou geleentheid af te rond. Kontak ons gerus op 012 751 3601 of stuur ’n e-pos na info@coproductions.co.za om kunstenaars soos Willem Botha, Leah SA, Jay du Plessis, Eden, Pieter Koen, Martin Bester of Jay du Plessis en Lianie May…

Details

EDEN KUIER VIR OULAAS BY LAERSKOOL DIE POORT

Trek jou dansskoene aan en kom kuier vir oulaas saam met die manne van Eden op 17 September by Laerskool Die Poort. Dis een wat jy nie wil misloop nie, so maak seker jy kom kuier dus saam met ons!

BESPREKINGS VIR 2017 NOU OOP!

Goeie nuus! Jy kan nóú al jou gunsteling kunstenaars soos Jay du Plessis,Lianie May, Leah, Pieter Koen, Eden, Willem Botha en Martin Bester vir 2017 bespreek. Kontak ons vandag nog by 012 752 7687 of e-pos ons by info@coproductions.co.za vir ’n kwotasie.

GROOT kykNET KONSERT VANAAND BY INNIBOS

Innibos kook en duisende mense het al gearriveer om die land se top kunstenaars op die verhoog te sien. Vanaand se program is geen uitsondering met EDEN op die Standard Bank hoofverhoog vir die kykNET konsert. Willem Botha is saam met Nadia Beukes jou seremoniesteer vir die aand en gaan self die gehoor met ‘n…

Details

EDEN BY INNIBOS

Die opwindende Innibos fees skop hierdie Woensdag in Nelspruit af! Elke aand kan jy top vermaak verwag met honderde stalletjies om van te kies te te keur. Vrydagaand is die kykNET konsert op die Standard Bank verhoog en EDEN en Willem Botha deel hierdie jaar die verhoog met Riana Nel, Emo Adams, Juanita du Plessis, Adam…

Details

INNIBOS OM DIE DRAAI

Innibos is elke jaar ‘n hoogtepunt in enige musiekliefhebber se dagboek! En hierdie jaar is die vermaak weer van top gehalte! Vrydagaand kuier Willem Botha en EDEN op die Standard Bank hoofverhoog saam met Riana Nel, Juanita du Plessis, Gerhard Steyn, Emo Adams en vele meer!

EDEN BY KIRKWOOD WILDSFEES

EDEN is hierdie jaar op die program by die Spar Kirkwood Wildsfees!  Vermaak vir oud en jonk met aktiwiteite regdeur die dag! Kry jou kaartjies by die feeskantoor op 042 230 1896.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

9 − 1 =

clear formSubmit