Gerrie Pretorius Face   twitter

Gerrie Pretorius is ‘n multi goud en platinum Suid-Afrikaanse sanger. Hy het die voorreg gehad om op elke groot verhoog en fees in Suid-Afrika op te tree, met ook ‘n hele paar optredes oorsee. Sy loopbaan het in 2001 begin met die groot sukses van sy eerste platinum opname “Annemarie”, wat opgevolg is deur treffers soos Adio Amore, 7 Sondes en die Stormers lied om maar net ‘n paar te noem. Hy verdien ook ‘n ere-lisensiaat met sy jazz album “Swing” wat die keer weer opgevolg word deur diereuse sukses van sy Bles Bridges huldeblyk album. Hy het verskeie opnames en konserte gedoen met oorsese kunstenaars soos Dana Winner en Christoff van België en die immergewilde BZN van Nederland. Hy behaal ook ‘n somertreffer in Nederland saam met Anny Schilder.

Gerrie het ook sy buiging verskeie kere op plaaslike televisie gemaak van sepies tot films soos “Ek lief Jou” met die bekende Belgiese regisseur Ate de Jong (Miami Vice & Drop Dead Fred) aan stuur van sake. Kurt Darren, Ilse de Vries en Christina Storm verskyn ook in laasgenoemde. Gerrie is ook bekend as Entrepreneur en Besigheidsman en is al vir baie lank in die Eiendomsbedryf as Ontwikkelaar.

Hy is ‘n ervare avonturier en reisiger en verken gereeld verre Afrika in sy 4×4. Gerrie is ook ‘n bekende gesig op televisie en is hy ook die aanbieder van die gewilde reisprogram “Leef jou Reis met Gerrie Pretorius”.















Gerrie Pretorius – Bring die Liefde Terug

Gerrie Pretorius se Bring die Liefde Terug is ’n versameling van nuwe liedjies met ’n tikkie nostalgie. Hy vermaak reeds meer as veertien jaar lank Suid-Afrikaanse gehore met ’n kleurryke verskeidenheid ligte Afrikaanse klanke. Sy splinternuwe album, Bring die Liefde, is ’n skatkis propvol verrassings! Die album is saamgestel uit sestien snitte in Afrikaans en Engels wat sal sorg vir ure se luistergenot.

  1. Bring die Liefde Terug
  2. Altyd maar net Jy
  3. Beat of my Heart
  4. Sy Glo In My
  5. Room Full of Roses
  6. Home isn͛t Home Anymore
  7. Vier Woorde
  8. Fight for Love
  9. Baby Blue
  10. Gee Haar ͚n Roos
  11. Picking up Pebbles
  12. Wals Medley
  13. Medley
  14. Eden Medley AIG 2013
  15. Los my Alleen
  16. Daardie Oomblik
  17. Dan sê ek weer


Gerrie Pretorius – Onthou die Goue Oues

  1. Gee Haar ͚n Roos
  2. Fight for Love
  3. Home isn͛t Home Anymore
  4. Medley
  5. Die ABC
  6. Come What May (We Believe In Tomorrow)
  7. Baby Blue
  8. Los My Alleen
  9. Adios Amigos
  10. Wenners
  11. Tinny Bubbles
  12. Vier Woorde
  13. Wals Medley
  14. Picking up Pebbles
  15. Yeppa

Koop Nou!

3 days ago

Gerrie Pretorius

Wat n voorreg! Ons is as media uitgenooi na die bekendstelling & openingseremonie van die Passiespele in Oberammergau Duitsland vir 2020. Meér as 500 000 kom besoek die klein dorpie in die suide van Bavaria. Ons het “uitgesoekte sitplekke” gekombineër met 2 verskeie toere.Die een begin in Jerusalem en gaan dan na die Passiespele & die ander een is ligter van aard wat begin by die Passiespele & wat meer van Duitsland insluit. Indien jy hierdie 10 jaarlikse gebeurtenis wil bywoon wat al vir 100de jare plaasvind maak seker jy stuur vir ons n e-pos na bookings@gerriepretorius.co.za. Mooi naweek & onthou “laat die liefde in al sy vorme wen.” Sure Travel #leefjoureis #passionplay #oberammergau #bavaria ... See MoreSee Less

View on Facebook

4 days ago

Gerrie Pretorius

Dankie!BAIE GELUK, van almal hier by Leef Jou Reis, wens ons vir Gerrie Pretorius 'n baie geseende VERJAARSDAG vandag. ... See MoreSee Less

View on Facebook

4 days ago

Gerrie Pretorius

Hoop julle het Leah geniet! CO Productions LEAH kykNET JouSterre.co.za Net so mooi van binne as van buite. ... See MoreSee Less

View on Facebook

BAIE GELUK GERRIE!

Baie geluk met jou verjaarsdag, Gerrie Pretorius! Mag dit ‘n fantastiese en geseënde lewensjaar wees. Ons is bly om die pad saam met jou te kan stap.

GERRIE EN CAROLINE GAAN OP TOER

Gerrie Pretorius en Caroline Grace toer in Februarie 2019 in die Suid- en Wes-Kaap. Gerrie se splinternuwe album word vroeg in Februarie bekendgestel en jy het die kans om ‘n konsert aan te bied. Kontak gerus vir Tanya op 012 751 3601 of stuur ‘n epos na tanya@coproductions.co.za vir meer inligting.

GERRIE EN CAROLINE GAAN OP TOER!

Gerrie Pretorius en Caroline Grace toer in Februarie 2019 met Gerrie se splinternuwe album! Dié twee top kunstenaars gaan in die Suid- en Wes-Kaap kuier en as jy wil hê hulle moet by jou venue optree, stuur gerus ‘n epos na tanya@coproductions.co.za vir meer inligting.

BESPREEK TOP KUNSTENAARS NOU REEDS VIR 2019

Môre maak die skole oop vir die laaste kwartaal van 2018! Besprekings vir 2019 is reeds oop so kontak ons gerus op 012 751 3601 om vir Jay du Plessis, Willem Botha, Leah, Pieter Koen en Gerrie Pretorius te bespreek vir jou volgende funksie!

GERRIE IN AKSIE BY DIE KRAAIFONTEIN GESINSFEES

Die Kraaifontein Gesinsfees begin reeds Vrydag en Gerrie Pretorius is op die verhoog saam met Tommy Dell 2, Wynand en Cheree en The Bitts-boereorkes. Dit word met trots aangebied deur die NGK Kraaifontein en toegang is gratis. Skakel 083 788 7086 vir meer inligting.

GERRIE EN CAROLINE GAAN OP TOER

Gerrie Pretorius se nuwe album is binnekort op die rak en dit bevat ook ‘n pragtige duet saam met Caroline Grace. Hulle twee gaan gedurende Februarie in die Wes- en Suid-Kaap toer en as jy ‘n vertoning wil aanbied, kontak ons kantore op 012 751 3601 of stuur ‘n e-pos aan tanya@coproductions.co.za.

BESPREKINGS IS OOP VIR 2019

Besprekings vir 2019 is reeds oop en as jy wil seker maak dat jou gunsteling kunstenaars by jou optree, moet jy sommer nou al ‘n datum vas maak. Kontak ons om vir Jay du Plessis, Leah, Gerrie Pretorius, Pieter Koen en Willem Botha te bespreek.

KOM GENIET DIE AAND SAAM MET GERRIE

Gerrie Pretorius is komende Saterdag by die NG Kerk Bonaero Park, in Boksburg, in aksie. Kom geniet ‘n heerlike aand saam met hom en sy musiek. Vir meer inligting, kontak Maggie op 082 335 0338.

ONS SPAN WIL BY JOU KOM KUIER

Jay du Plessis, Willem Botha, Leah, Pieter Koen en Gerrie Pretorius wil graag by jou optree – of dit nou ‘n fees, damestee, manne-aand of fondsinsameling is, kontak ons span hier, by #COProductions, vandag nog. Besprekings vir 2019 het ook reeds geopen – jy gaan moet wikkel.

GERRIE EN CAROLINE GAAN OP TOER

Gerrie Pretorius se nuwe album is binnekort op die rak en om dit te vier, gaan hy en Caroline Grace toer. Hulle gaan gedurende Februarie in die Wes- en Suid-Kaap toer en gedurende Julie in die pragtige Namibië. As jy ‘n vertoning wil aanbied, kontak ons kantore op 012 751 3601 of stuur ‘n e-pos…

Details

ONS NUUSBRIEF HOU JOU OP HOOGTE

Het jy al by ons nuusbrief aangesluit? Bly op hoogte van nuus oor Jay du Plessis, Willem Botha, Leah, Gerrie Pretorius en Pieter Koen. Dit is baie maklik – besoek gerus www.coproductions.co.za.

GERRIE EN CAROLINE GAAN OP TOER

Gerrie Pretorius en Caroline Grace beplan ‘n heerlike toer. Hulle gaan gedurende Februarie in die Wes- en Suid-Kaap toer en gedurende Julie in die pragtige Namibië. So as jy wil hê hulle moet by jou kuier, kontak ons kantore op 012 751 3601 of stuur ‘n e-pos aan tanya@coproductions.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

4 × five =

clear formSubmit