Jay du Plessis   Face   twitter

Biografie

Popmusiek gaan oor innemende en melodieuse storievertelling – ’n spasie waarin JAY tuis voel en beïndruk.

Hy is al vyf sterk jare in die solo-veld en sy nuutste en 2de solo-album, #DisHoeOnsRol, het stilweg en selfversekerd kort ná uitreiking platinum status behaal vir verkope van meer as 40 000 eenhede.

Platinumstatus is waar JAY sy beste werk doen. Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het,
eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie waarborg weereens sukses, snit vir snit, op sy
langverwagte tweede vollengte solo-album.

Enige JAY aanhanger sou waarskynlik sê drie jaar was baie lank om te wag vir #DisHoeOnsRol,maar diegene ná aan die man wat dit gemaak het, weet dat geen opname naby die kruin van die trefferlyste kom of platinumstatus behaal as dit nie die beste is wat hy en sy medeskrywers Ewald Coleske, Johan Oberholzer en Christoph Kotzé in pop-perfeksie kan omskep nie.

“Dit was verstommend om met Christoph te kon werk,” sê JAY van #DisHoeOnsRol se skryf-,opneem- en produksieproses. “Hy’s jonk en dinamies, en sy energie is aansteeklik. Om so saam te werk het my regtig gehelp om dit wat ek doen tot ’n nuwe en baie meer gevorderde vlak te verhef.”

Een van die vele hoogtepunte wat JAY se tweede solo-aflewering so betowerend maak, is sy duet met niemand anders as Steve Hofmeyr nie – ’n droom wat bewaarheid is op ’n magdom vlakke. Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap onderstreep die aktualiteit van #DisHoeOnsRol. Die regte lewe in Suid-
Afrika is waar JAY eerlike opregtheid uitsoek en trefferwaardig maak, as ’n geskenk vir aanhangers van meervlakkige, vooruitstrewende Afrikaanse pop waarop ons almal trots kan wees. “Om uiteindelik ’n lied te vind wat die duet met Steve moontlik gemaak het, was ’n hoogtepunt,” bevestig
hy. “Dis ’n lied wat al jare lank in die pyplyn is, en wat die swaarkry van die Afrikaner aanspreek.

Dit was ’n merkwaardige 17-jaar lange reis wat JAY gebring het tot waar hy vandag tuis is. Ná 12 van hierdie fenominale jare as een deel van die groter geheel van Eden, het hy gedurende die afgelope drie jaar sonder begeleiding gevlieg en ook een van die mees suksesvolle duet-albums wat hierdie land in dekades gehoor het, vrygestel. “Die treffer wat ek aan Lianie May se sy geniet het met die vrystelling van Bonnie en Clyde, het beteken dat enigiets anders, insluitend #DisHoeOnsRol, op langverlof geplaas is,” verduidelik hy met ’n verskonende glimlag.

Om op te maak vir die gaping tussen die aflewerings, is die nuwe album propvol ekstras. Voeg hierby die Bloubul-pleidooi Bulle, Bring Die Beker Huis Toe, die nuutste Eden-treffer Superhero en die Lianie May duet Bonnie en Clyde, en die oorblywende 10 snitte op die deeglik oorweegde
versameling, maak dit die wag werd. “Dit was ’n besige tyd,” erken JAY.

“Ek belê ten volle in elke aspek van dit wat ek doen, en #DisHoeOnsRol is vir my net so ’n groot belegging as wat 2010 se Solo was. “Ek weet waar my sterkpunte lê,” verduidelik hy. “Die mense saam met wie ek werk voeg almal hulle genialiteit by my visie. Saam maak ons GROOT dinge gebeur.”

Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vier platinum en drie dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy twee solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling. Of dit nou 2011 se rol as
Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 12-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate.

Solo se 13 snitte, insluitende Is Ek Nie Die Een, die rock-snykant van Kan Nie Sonder Jou, die ballade Soms Sien Jy My, en die album se treffer Melanie het elkeen sy merk gemaak, maar #DisHoeOnsRol – sonder verskonings, vreesloos en grensverskuiwend – is sy album wat die speelveld verander. Rou, eerlik en pure ruk-en-rol, JAY maak pragtige musiek wat steeds sy plek
bevestig as ’n rare nasionale skat wat musikaal op elke vlak sin maak.

2014 merk die vrystelling van ‘n splinternuwe EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie. Die eerste single Dirty Dancing pronk oral op trefferparades. Terwyl 2015 die uitreiking van ‘n tweede duetalbum saam met Lianie May beloof.

 

 IN KORT:

• Solo – eerste solo album – uitgereik in 2010
• Beste Pop Album – Solo – Huisgenoot Tempo – 2011
• Liedjie van die Jaar – Melanie – Huisgenoot Tempo 2011
• SAMA-nominasie – Beste Pop Album – 2011
• Platteland die rolprent – 2011
• Bonnie en Clyde – duetalbum met Lianie May – 2012 uitgereik
• Musiekvideo van die Jaar – Lank Lewe Die Liefde – Huisgenoot Tempo – 2012
• Liedjie van die Jaar-nominasie – Bonnie en Clyde – Ghoema Toekennings – 2013
• Liedjie van die Jaar-nominasie – Bonnie en Clyde – Huisgenoot Tempo – 2013
• #DisHoeOnsRol – 2de solo album – uitgereik in 2013
• Liedjie van die Jaar – Superhero – Ghoema Toekennings – 2014
• Pop Album van die Jaar – #DisHoeOnsRol – Ghoema Toekennings – 2014
• Album van die Jaar-nominasie – #DisHoeOnsRol – Gheoma Toekennings – 2014
• Manlike Kunstenaar van die Jaar-nominasie – Ghoema Toekennings – 2014
• Pop/Sokkiedans Album van die Jaar – Huisgenoot Tempo – 2014
• Liedjie van die Jaar-nominasie – #DisHoeOnsRol – Huisgenoot Tempo – 2014
• Gewildste Liedjie van die Jaar – Naweeklyfie –Ghoema 2015
• Beste Pop Album deur Groep – Eden – Nooit Oud Raak Nie – Ghoema 2015
• Groep van die Jaar-nominasie vir Eden – Ghoema 2015
• Beste Liedjie van die Jaar-nominasie – Eden – Dirty Dancing – Ghoema 2015
• Musiekvideo van die Jaar-nominasie – Naweeklyfie – Ghoema 2015
• SAMA-nominasie – Beste Pop Album – Eden – Nooit Oud Raak Nie

JAY – #DisHoeOnsRol

Sy tweede solo album met pop aanslag wat enige kuier aan die gang sal kry. Skrywers sluit in Ewald Coleske, Johan Oberholzer en Christoph Kotzé. Sluit in die EDEN-treffer Superhero en Lianie May duet, Bonnie en Clyde. Platinum status met verkope van meer as 40 000 eenhede. Uitegreik in 2013.

  1. #DisHoeOnsRol
  2. Twee
  3. Sy Het Dit
  4. Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap (duet met Steve Hofmeyr)
  5. Hou Vas
  6. Halwe Beker
  7. Obsessie
  8. Superhero (saam met EDEN)
  9. Gee My
  10. As Ek Val
  11. Waar Is Jy Nou
  12. Bonnie en Clyde (duet met Lianie May)
  13. Bulle Bring Die Beker Huis Toe

Koop Nou!

JAY – SOLO

Na tien jaar saam met die boyband EDEN het Jay sy vlerke gesprei en sy debuut solo-album getiteld SOLO het die lig gesien in 2010. Meeste snitte is uit die pen van Ewald Coleske en Riana Nel. Lekker pop-rock album met 11 oorspronklike snitte. Platinum status met verkope van meer as 40 000 eenhede.

  1. Is Ek Nie Die Een
  2. Kan Nie Sonder Jou
  3. Soms Sien Jy My
  4. My Hart Wil Jou Nie Los Nie
  5. In A Moment Like This (duet met Lianie May)
  6. Pad Terug Huis Toe
  7. Jy’t Gesê
  8. Baie Van My Vir Net ‘n Bietjie Van Jou
  9. Melanie
  10. Hier In My Hart
  11. Iewers
  12. Kiss A Girl
  13. Toe Stop My Hart (duet met Lianie May)

Koop Nou!


Jy kan vanmiddag om 12:30 inskakel op Overvaal Stereo wanneer ek met hulle gesels oor al die planne vir 2018. Om 16:00 kuier ek in studio by Pretoria FM, so maak seker jy skakel in op streaming of DSTV se oudio kanale. ... See MoreSee Less

View on Facebook

Môreoggend om 11:30 kuier ek by IFM in Vanderbijlpark so skakel in en luister saam. ... See MoreSee Less

View on Facebook

Het jy planne vir Valentynsdag? Moenie eers verder dink nie. Ek kom kuier by Impala in Potch en ons gaan 'n lekker Valentynsdans hou. Sien ons jou daar? ... See MoreSee Less

View on Facebook

Nuutste nuus oor JAY

JAY IN AKSIE OP RADIO

Jay besoek vandag ‘n paar radiostasies met sy nuwe album. Om 11:30 is hy in- studio by IFM, om 12:15 gesels hy telefonies met Overvaal Stereo en vanaf 16:00 is hy in-studio by PretoriaFM.

BESPREEK VIR JAY BY CO PRODUCTIONS

Jay du Plessis se splinternuwe album het reeds goue status bereik. Bespreek hom nou vir ’n optrede by jou fees, funksie, skou of konsert in 2018. Skakel ons vandag by 012 751 3601 vir meer info. – GEBRUIK NET FOTO ASB

MAAK JOU BESPREKINGS VIR 2018

Ons kantore is weer oop. Bespreek nou vir JAY, Willem Botha, Pieter Koen, Leah en Gerrie Pretorius vir jou volgende geleentheid. Kontak ons sommer vandag.

BESPREEK VIR JAY VIR JOU GELEENTHEID

Bespreek vandag vir JAY eksklusief by CO Productions vir jou fees, funksie, skou of konsert. Sy nuwe album spog reeds met goue status. Hy is ’n moet vir enige geleentheid.

JAY KUIER BY BADPLAAS

Jay is môreaand by Badplaas, a Forever Resort. Oudergewoonte gaan dit ‘n groot opskop wees, so bring al jou pelle en kom kuier saam.

JAY IN AKSIE BY BADPLAAS

Badplaas is elke jaar ‘n lekker opskop en Jay keer hierdie Saterdag terug vir ’n lekker konsert met ou bekende treffers en nuwes van sy splinternuwe album.

JAY KUIER BY IN AFRIKAANS

Jay kuier môreaand in Hartenbos vir die Dans In Afrikaans-konsert. Hy en Lianie doen ‘n paar duette en hy sing natuurlik ook van sy nuwe songs. Het jy al jou kaartjies? Kurt, Juan Boucher en Ricus Nel kuier ook saam.

HET JY AL JAY SE NUWE ALBUM?

Het jy al Jay se nuwe album, So Lank Sal Ek Jou Liefhê gekry? Dit is die ideale Kersgeskenk. Waarvoor wag jy? Kry hom nou by jou naaste Musica.

VANG VIR JAY BY JOLLY DOLPHIN IN JEFFREYSBAAI

Jay kom kuier môreaand vir die eerste keer in ‘n lang ruk by Jolly Dolphin in Jeffreysbaai. Bring die hele gesin en kom kuier saam. Kry sommer sy nuwe album net betyds vir Kersfees.