Pieter Koen   Face   twitter

Biografie

Met verskeie SAMA-nominasies en ’n Vonk/Rapport-toekenning op sy kerfstok, keer Pieter Koen terug met 13 kontemporêre redes om regop te sit, die ore te spits en goeie oorspronklike musiek waarmee ons almal kan identifiseer, te vier.

Hierdie ATKV- en Huisgenoot Tempo-vereerde TV-aanbieder en se agtste indrukwekkende album, Wat Die Hart Van Vol Is, maak vinnig opslae as sy beste versameling ooit.

Sedert 1997 is die vermaaklikheidswêreld al sy speelveld, maar dit was sy EMI Music trefferalbum, Skud Jou Biscuit, wat van Koen volksbesit gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, sowel as sy katalogus van agt albums en een DVD, hom steeds aan. En met 2015 wat op volle dreef is, verteenwoordig Wat Die Hart Van Vol Is die volgende hoofstuk wat bestuur is om ons gesamentlike vermaakswerklikheid op ’n magdom vlakke te beïnvloed.

Neem nou maar sy debuut, Run With Me, in 1997, waarna EMI hom aan boord geneem het vir sy tweede album, Skud Jou Biscuit, in 2004. Voeg daarby Welkom In My Wêreld in 2005, Tattoo in 2006, 3 Susters in 2008 en 3 Susters
+ Superman ’n jaar daarna. Volgende was daar sy debuut DVD-album, Tattoo Live, en die CD-bekendstelling van Haak ’n Bietjie Uit in 2010. “So baie het gebeur sedert ek my laaste album vrygestel het,” voeg Pieter by. “Tussen my TV-werk vir Jukebox en die aanbieding wat ek op Kwêla doen, is ek deur Hit Factory Records genader, en saam het ons die volgende hoofstuk van my musiek beplan.” Die eindproduk is ’n 13-snit vooruitsprong reguit na die toppunt van die trefferlyste, ’n plek wat Pieter goed ken en na aan die hart lê. Pieter was tot onlangs die aanbieder van die gewildse Afrikaanse Top 20 radioprgram op Jacaranda 94.2.

Vandag is hy bietjie ouer en heelwat slimmer, en vasbeslote om sy aanhangers ’n sy van homself te wys wat sy musiek nooit tevore vertoon het nie. Wat Die Hart Van Vol Is bied nie alleen goeie dansmusiek nie (Tydmasjien, Doenit Net, Die Een Ding Wat Ek Doen en Waar Lê Jy Vanaand), maar ook ’n dieper, weldeurdagte betekenis en gevoeligheid in snitte wat onmiskenbaar die werk is van ’n volwasse musikant en verhoogkunstenaar. “Toe ek saam met welbekende vervaardiger, Murray Lubbe, en bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, begin werk aan hierdie album was daar ’n fundamentele kopskuif wat ek wou hê vir my nuwe album,” verduidelik hy.

Die ander liedjieskrywers sluit Ampie du Preez, Vaughan Gardiner, Hugo Ludik en Reynardt Hugo in. Musikante Juan (Floors) Oosthuizen, Danny Smoke, Denny Lalouette, Vinnie Henrico, Ricus Nel en Matthys Maree het deel aan die produksie. Binne weke na die bekendstelling daarvan, is Wat Die Hart Van Vol Is goed oppad na goue status. Dit is duidelik dat aanhangers Pieter se opwindende nuwe fase met ope arms ontvang.

“Ek is ongelooflik dankbaar vir elke oomblik tot nou toe wanneer die skeppingsproses my plat op die aarde gehou het,” erken Pieter. “Ek glo ek het myself as sanger weer gevind, en daarby is ek geweldig opgewonde oor die vooruitsigte daaraan verbonde.”

Van die pragtige opregte ballade Moenie Dink Nie Ons Doen Dit Net tot die radiovriendelike Man Van Staal, bied elke liedjie liriekbelaaide lesse wat aanhangers ter harte kan neem, en dan is daar nog die aansteeklike melodieë wat elkeen van die snitte op die nuwe album koester.

“Ek is al 14 jaar getroud en het drie pragtige kinders,” wys Pieter uit. “Omdat ek my repertoire verder uitbrei as die prettige, ligte sy van my persoonlikheid, kan ek saam met my bestaande gehoor groei terwyl ek my musiek vir die eerste keer aan selfs nog meer mense bekendstel. Met hierdie album kon ek net wees, en my persoonlike stempel op elke liedjie afdruk. Deur my eie perke te bepaal het ek myself uiteindelik voorberei om die reis vorentoe met my aanhangers te geniet.”

In ’n bedryf wat Pieter oor die laaste dekade help vorm het, is dit een ding om met aanhangers te skakel maar dit vereis ’n spesiale soort ster om hulle werklik te betrek en hulle aandag te behou. “Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het so baie gegroei vandat ek my debuut destyds in 1997 vrygestel het,” dink hy terug. Sedertdien het Pieter ook een van die land se min waarlik suksesvolle en veelsydige verhoogkunstenaars geword. “Ek het eers by musiek begin,” voeg hy by, “en toe gebeur TV en radio as gevolg daarvan. Elke aspek van my lewe voed die ander, en dit is dié deel waarvan ek die meeste hou.”

“My musiek is beter as gevolg van my radiowerk en die vier jaar wat ek al Jukebox aanbied,” gaan hy voort. “Elkeen vind baat by my mad-hatter begin in musiek sowel as by my meer gevestigde en subtiele temas en stemmings op
Wat Die Hart Van Vol Is.

 

“Ek is lief vir wat ek doen en beoog om dit nog vir ’n lang tyd te doen,” dring Pieter aan. “As verhoogkunstenaar is ek nuuskierig oor wat my gehore dryf – veral as hulle my in die gesig staar,” skerts hy.

Wat hy doen as veelsydige vermaaklikheidspersoonlikheid maak van Pieter Koen ’n ekstrovert. Maar wie hy is en wat hom dryf as mens, word weerspieël in die 13 snitte op Wat Die Hart Van Vol Is. “Dit maak ’n mens nogal bang
om meer van jou persoonlikheid bloot te stel,” erken hy. “Om nog ’n laag by te sit and dinge een trappie verder te vat, dit is waar ek nou is, en dit is verfrissend!”

Sy oupa was ’n lid van ’n boere-orkes, sy ma het gesing, en nou vat Pieter self die leisels oor, gretig om steeds sy merk te bly maak, al het hy reeds agt indrukwekkende albums en goueverkope agter sy naam. Party mense sê, “Uit
die oog, uit die hart”. Dit lyk asof die toekoms net goeie dinge inhou vir Pieter Koen se aanhangers en sy musiek, danksy hierdie keurige en geloofwaardige album. Voeg daarby die vooruitsig om Wat Die Hart Van Vol Is, asook meer as ’n handvol van sy ander treffers, binne die volgende jaar lewendig te siene en te hore te kry, en die lewe is lekker.

“Ek het verskriklik hard gewerk om weer te kan optel waar ek was met my laaste album,” gee hy toe, “en ek beplan om dit so te hou.” Wat Die Hart Van Vol Is is die gevolg van stemafrigting en introspeksie, tesame met ’n goeie dosis ligte pret – en jy kry die heel beste van Pieter Koen vandag. Wat môre inhou sal niemand weet nie, maar as hy enigiets daarmee te doen het, is dit gewaarborg om uitstekend te wees.

 

Wat Die Hart Van Vol Is is ’n perfekte weerkaatsing van waar ek nou is,” sluit hy af. Hy laat niks aan die noodlot oor nie – elke aspek van wat hom suksesvol maak is deeglik oorweeg en geskaaf, en in wese deel van ’n veelsydige, volledige vermaaklikheidspakket. Die eindresultaat is suiwer genot van begin tot einde!

 

IN KORT:

• Run With Me – Eerste album vrygestel – 1997
• Skud Jou Biscuit – Tweede album vrygestel – 2004
• Welkom In My Wêreld – Derde album vrygestel – 2005
• Tattoo – Vierde album vrygestel – Behaal GOUE status – 2006
• Tattoo LIVE – Debuut DVD-album vrygestel – 2007
• SAMA-benoeming vir Afrikaanse Pop album – Tattoo 2007 – 2007
• 3 Susters – Vyfde album vrygestel – Behaal GOUE status – 2008
• ATKV-Veertjie – Beste aanbieder vir Kwêla op kykNET – 2008
• 3 Susters & Superman herverpakking – 2009
• SAMA-benoeming vir Afrikaanse dans album – 3 Susters – 2009
• Rapport Vonk Musiektoekennings – Beste komedie album – 3 Susters – 2009
• Haak ‘n Bietjie Uit –Sesde album vrygestel – 2010
• Grootste Treffers – Sewende album vrygestel – 2011
• Huisgenoot Tempo wenner – Beste aanbieder – Jukebox – 2013
• Wat Die Hart Van Vol Is – Agste album vrygestel – 2014
• Huisgenoot Tempo benoeming – Kontemporêre album – 2014
• Huisgenoot Tempo wenner –Beste Aanbieder – Jukebox – 2014
• SAMA benoeming – Kontemporêre album – Wat Die Hart Van Vol Is – 2015

PIETER KOEN – KAN NIE VRA VIR MEER

Pieter Koen is terug met ‘n splinternuwe album. Hierdie kontemporêre aanslag met sterk pop invloede is ‘n lekker luister album vir oud en jonk. Uitgereik in 2016.

1. Wat Die Hart Van Vol Is
2. 7 Wonders Van My Wêreld
3. ‘n Man Kan Ook Huil
4. Ek Sit My Voet Neer Vir Jou
5. 12 uur
6. Die Kortste Pad Huistoe
7. Sonskyn In Die Kaap
8. ‘n Pa Se Hart Se Punt
9. Skryf
10. Dankie
11. Boobs Boude Bene
12. P.A.R.T.Y

Koop Nou!

PIETER KOEN – WAT DIE HART VAN VOL IS

‘n Splinternuwe ouer en volwasse Pieter is terug met ‘n sielvolle album wat jou sal verbaas. Dertien oorspronklike snitte hoofsaaklik uit die pen van bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer. Sluit in die treffer Man Van Staal. Uitgereik in 2013.

1. Wat Die Hart Van Vol Is
2. Man Van Staal
3. Die Een Ding Wat Ek Doen
4. So Hard Geval
5. Alfabet
6. Iets
7. Tydmasjien
8. Moenie Dink Nie Ons Doen Dit Net
9. Doenit Net
10. 7 Dae En Nagte
11. Niks Anders Kan So Mooi Lyk Nie (Net Jy)
12. Waar Lê Jy?
13. Krag Van Die Vlag

Koop Nou!


Unable to display Facebook posts.
Show error

Error: (#4) Application request limit reached
Type: OAuthException
Code: 4
Please refer to our Error Message Reference.

Nuutste nuus oor Pieter Koen

KWÊLA SAAM MET WILLEM EN PIETER

Willem Botha en Pieter Koen besoek interessante mense en bring jou heerlike stories so op ’n rustige Sondagaand. Sluit jou naweek saam met hulle af om 18:00 – skakel in op kykNET.

JUKEBOX SAAM MET PIETER

Pieter Koen is vanaand weer terug op Jukebox, om 20:00, op kykNET NOU. André Schwartz, van ons sustermaatskappy, jouSTERRE, kuier vanaand in die ateljee om te gesels oor sy nuwe enkelsnit, Tweede Kans. Hy is ook binnekort op toer in die Kaap so maak seker jy kry jou kaartjies.

JUKEBOX-TOER IN NEWCASTLE

As jy in Newcastle bly, het jy beslis iets om na uit te sien! Pieter Koen en Willem Botha gaan ook daar kuier tydens die Jukebox-toer. Hulle het ‘n middagvertoning by die Factory Plaza wat ideaal is vir die hele gesin! Toegang is gratis.

PIETER EN WILLEM IN KESTELL

Op 10 Augustus kuier die Jukebox-toer, met Pieter Koen en Willem Botha, in Kestell by die Die Bank. Bespreek jou kaartjies vroegtydig om nie hierdie kuier mis te loop nie!

PIETER EN WILLEM IN STANDERTON

Op 2 Augustus maak Pieter Koen en Willem Botha ‘n draai in Standerton by die Laerskool Kalie de Haas. Dié besoek is deel van die Jukebox-toer so maak seker ons sien jou daar!

PIETER EN WILLEM IN PIET RETIEF

Pieter Koen en Willem Botha gaan tydens die vierde Jukebox-toer ook ‘n draai by die Hoërskool Piet Retief maak. Maak seker jy bespreek nou al jou kaartjies vir ‘n lekker kuier.

ONS HELP MET ENIGE FUNKSIE

Die skoolvakansie is verby en ons pak nou die tweede helfte van die jaar aan. Moet jy dalk nog ‘n fondsinsameling – of selfs jaareindfunksie – reël? Moenie bekommerd wees nie – ons is hier om te help. Kontak ons op 012 751 3601 om met die vriendelike span te gesels.

WILLEM EN PIETER IN MIDDELBURG

Die skole maak môre oop – so maak seker jy skakel Hoërskool Kanonkop om jou kaartjies te bespreek vir die Jukebox-konsert. Pieter Koen en Willem Botha kuier op 31 Julie in Middelburg by dié skool. Sien jule daar!

KWÊLA SAAM MET WILLEM EN PIETER

Willem Botha en Pieter Koen besoek interessante mense en bring jou heerlike stories so op ’n rustige Sondagaand. Sluit jou naweek saam met hulle af om 18:00 – skakel in op kykNET.

KESTELL MAAK REG VIR WILLEM EN PIETER

Op 10 Augustus is dit Kestell se beurt vir ‘n kuier saam met Pieter Koen en Willem Botha. Hulle gaan die Die Bank in aksie wees – en dit is alles deel van die Jukebox-toer waarmee hulle besig is. Kontak Elaine op 083 779 8655 om jou kaartjies te bespreek.

WEIVELD GAAN KOOK MET JAY

Dit is altyd lekker by Weiveld, maar as Jay du Plessis daar kuier is dit mos éérs lekker! Trek jou partytjieskoene aan wat Jay kuier môreaand in die #Weiveld! Sien jou daar.

PIETER EN WILLEM IN STANDERTON

Op 2 Augustus maak Pieter Koen en Willem Botha ‘n draai in Standerton by die Laerskool Kalie de Haas. Dié besoek is deel van die Jukebox-toer so maak seker ons sien jou daar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

17 − five =

clear formSubmit