Wanneer twee verliefdes saam musiek maak kan ‘n mens sonder twyfel die chemistry in die lug aanvoel!

Bianca le Grange en David Johnson het in 2016 trou beloof en het elkeen hulle eie loopbane gevolg. Maar die glanspaartjie het intussen besluit om hulle talente saam te weef en ‘n Afrikaanse album op te neem wat enige gebroke hart weer in die liefde sal laat glo.

Sedert haar eerste album in 2003 bekendgestel is het Bianca le Grange die musiekbedryf soos ‘n tsunami getref. Sy het beide klassieke en kontemporere musiek by die National School Of Arts studeer en vertolk gereeld die hoofrol in verskeie verhoogproduksies en pantomines.  Haar talente eindig nie by sing nie want sy is ook ‘n uitstekende MC en het selfs ‘n paar Spaanse danspassies bemeester.

David het ook musiekteater by die Universiteit van Kaapstad studeer en is ‘n kranige danser, musikant en akteur. Sy talente het hom ‘n rol in die plaaslike sepie, 7de Laan losgeslaan en meer onlangs vertolk hy die rol van Liam in die gewilde kykNET sepie, Getroud Met Rugby. 

Kyk uit vir die opwindende Afrikaanse album wat in 2020 die lig sal sien!