Gerrie Pretorius is ‘n multi-goud en platinum Suid-Afrikaanse sanger. Hy is die bekende gesig van kykNET se gewilde reisprogram, Leef Jou Reis met Gerrie Pretorius waar hy verskeie lande regoor die wêreld besoek. Hy reël selfs toere waar aanhangers saam met hom die verskillende land kan gaan verken.

Vir die eerste keer in byna sewe jaar bring hy ook nou ‘n splinternuwe album uit wat binnekort die rakke gaan tref. Die album, Jou Hart Is Weer Myne bevat 12 snitte met liedjies uit Gerrie se eie pen sowel as dié van Rudi Claase . Daar is ook twee duette saam met die talentvolle Caroline Grace en Lynelle Kenned opgeneem om die album ekstra spesiaal te maak. Gerrie en Caroline Grace gaan in Julie vanjaar deur Namibië toer om die album te bemark en die nuwe liedjies te deel.

Sy loopbaan het in 2001 begin met die groot sukses van sy eerste platinum opname Annemarie, wat opgevolg is deur treffers soos Adio Amore, 7 Sondes en die Stormers lied om maar net ‘n paar te noem. Hy verdien ook ‘n ere-lisensiaat met sy jazz album Swing wat die keer weer opgevolg word deur die reuse sukses van sy Bles Bridges huldeblyk album. Hy het verskeie opnames en konserte gedoen met oorsese kunstenaars soos Dana Winner en Christoff van België en die immergewilde BZN van Nederland. Hy behaal ook ‘n somertreffer in Nederland saam met Anny Schilder.

Gerrie het ook sy buiging verskeie kere op plaaslike televisie gemaak van sepies tot films soos “Ek lief Jou” met die bekende Belgiese regisseur Ate de Jong (Miami Vice & Drop Dead Fred) aan stuur van sake. Kurt Darren, Ilse de Vries en Christina Storm verskyn ook in laasgenoemde. Gerrie is ook bekend as Entrepreneur en Besigheidsman en is al vir baie lank in die Eiendomsbedryf as Ontwikkelaar.

Gerrie Pretorius – Jou Hart Is Weer Myne

Na byna sewe jaar het Gerrie Pretorius ‘n splinternuwe album uitgebring. Jou Hart Is Weer Myne is ‘n 12 snit album wat ‘n cover of twee asook duette met Caroline Grace en Lynelle Kenned insluit. Uitgereik in 2019.

 1. Hey June

2. Jy’s Altyd Daar

3. Jou Hart Is Weer Myne

4. Perhaps Love

5. I Won’t Forget You

6. Edelweiss

7. Platinum Dans Medley – Annemarie / 7 Sondes / Lekkerste Lyfie

8. Bunch Of Thyme

9. Ek Huil Alleen

10. Die Hele Wêreld Moet Dit Weet

11. Eerste Treffers Medley – Grootste Wens / Duifie Van Die See

12. Vrou Van My Drome

 

Gerrie Pretorius – Bring die Liefde Terug

 

Gerrie Pretorius se Bring die Liefde Terug is ’n versameling van nuwe liedjies met ’n tikkie nostalgie. Hy vermaak reeds meer as veertien jaar lank Suid-Afrikaanse gehore met ’n kleurryke verskeidenheid ligte Afrikaanse klanke. Sy splinternuwe album, Bring die Liefde, is ’n skatkis propvol verrassings! Die album is saamgestel uit sestien snitte in Afrikaans en Engels wat sal sorg vir ure se luistergenot.

1. Bring die Liefde Terug

2. Altyd maar net Jy

3. Beat of my Heart

4. Sy Glo In My

5. Room Full of Roses

6. Home isn͛t Home Anymore

7. Vier Woorde

8. Fight for Love

9. Baby Blue

10. Gee Haar ͚n Roos

11. Picking up Pebbles

12. Wals Medley

13. Medley

14. Eden Medley AIG 2013

15. Los my Alleen

16. Daardie Oomblik

17. Dan sê ek weer

 

Gerrie Pretorius – Onthou die Goue Oues

 

1. Gee Haar ͚n Roos

2. Fight for Love

3. Home isn͛t Home Anymore

4. Medley

5. Die ABC

6. Come What May (We Believe In Tomorrow)

7. Baby Blue

8. Los My Alleen

9. Adios Amigos

10. Wenners

11. Tinny Bubbles

12. Vier Woorde

13. Wals Medley

14. Picking up Pebbles

15. Yeppa