Hy is die stoutseun van Afrikaanse popmusiek wat enige partytjie behoorlik aan die gang kry. Met ‘n lys treffers te lank om almal te noem is JAY oral almal se liefling met sy ondeunde maar innemende persoonlikheid.

Dis al nege jaar sedert hy sy eerste solo album uitgereik het (Solo in 2010, #DisHoeOnsRol in 2013, So Lank Sal Ek Jou Liefhê in 2017) en byna elke uitreiking spog met platinumstatus vir verkope.

Sedert hy in 2010 op sy eie paadjie vertrek het, eggo JAY se rekordsukses, ná Eden, in elke projek wat hy aanpak. Of dit nou die indrukwekkende versameling duette met Lianie May is, of die polsende ritmes, stemkwaliteit en bindende lirieke van sy eie materiaal, JAY se perfekte balans van melodie en liriek waarborg weereens sukses, snit vir snit.

Hy is tans besig met beplanning vir ‘n nuwe solo-vrystelling later vanjaar na die duet versamelalbum met Lianie May, Beste van J&L verlede jaar die rakke getref het.

Sy musiek is ook nou digitaal op iTunes en vir streaming op JOOX beskikbaar. Internetsukses met meer as 3,7 miljoen kyke vir Le Bietjie Langer asook 1,7 miljoen kyke vir So Lank Sal Ek jou Liefhe en ‘n allemintige 6,1 miljoen kyke vir Da Vat Hy bewys dat hy die partytjiekoning in Afrikaans bly.

Met talle SAMA en Huisgenoot Tempo toekennings asook vyf platinum en drie dubbelplatinum CD’s agter sy naam, hou JAY duidelik van goeie geselskap. Beide sy eerste solo-albums en Bonnie En Clyde het meer as 40 000 eksemplare verkoop binne weke ná vrystelling.

Of dit nou 2011 se rol as Jakes in die trefferfilm Platteland, sy marathon 14-jaar loopbaan met Eden, of sy vele suksesse in die loop van die laaste ses vollengte albums en DVD-vrystellings is, JAY het sy naam verleen aan platinum, en in meeste gevalle, dubbel-platinum treffers. Inderdaad indrukwekkende resultate.

EDEN

Hy was vir byna 14-jaar lid van Suid-Afrika se gewildste boyband, EDEN. Hulle was hartebrekers wat knieë lam gemaak het net waar hul gaan. Van hul treffers soos Point Of No Return, Knieë Lam, 54 5de Straat, Lyf Teen Lyf, Superhero, Is Jy Bang en Dirty Dancing waarvan talle steeds partytjiegunstelinge is.

Die laaste EDEN-album – Nooit Oud Raak Nie se eerste single Dirty Dancing het orals op trefferparades gepronk en het selfs ‘n Ghoema nominasie ontvang vir Beste Liedjie van die Jaar. Eden is ook in dieselfde jaar vir ‘n Ghoema benoem as Groep Van Die Jaar en het ook ‘n SAMA nominasie vir hulle album ontvang.

JAY & LIANIE MAY

Niemand sal ooit die ikoniese Toe Stop My Hart vergeet wat van Jay & Lianie May SA se gewildste duetpaar gemaak het nie. Na die weghol sukses van hulle eerste duetalbum, Bonnie en Clyde, het hul die opvolg, Vir Liefde in 2016 uitgereik. Die Beste van J&L is in 2018 vrygestel en die duetpaar bly ‘n gunsteling onder oud en jonk met uitverkoopte konserte reg oor die land.

ANDER

Jay en sy gesin het ook hul hand aan ‘n realiteitsreeks gewaag, Jay & die Boys in 2017 waarin sy vrou, Mia hom en sy 4 woelwater seuns uitgedaag het om doen-dit-self-takies in en om die huis aan te pak. Dit was ‘n wenner en het ‘n heel ander kant van Jay as Pa en huweliksmaat gewys.

Gebore in Sasolburg en gematrikuleer aan Hoërskool Aliwal-Noord voor JAY na skool by die lugmag aangesluit het. Hier was hy deel van die Kannaries-sanggroep. Hy het daarna musiekteater betree en in verskeie groot produksies sy buiging gemaak voor hy by die sanggroep EDEN aangesluit het.

Hy is Pa van vier seuns – Aidan, Samuel, Luka en Jamie en as hy nie op die verhoog of op die pad is nie hou hy van Pa wees. Hy is ook ‘n groot diereliefhebber en geniet ‘n aftydjie in die bosveld of op die plaas.

JAY – SO LANK SAL EK JOU LIEFHÊ

Sy derde solo album met pop aanslag wat enige kuier aan die gang sal kry. So Lank Sal Ek Jou Liefhê het vinnig ‘n troutreffer geword en in die musiekvideo wys hyo ok sy hele gesin. Duet met Taryn Lamb het die land aan die gons gehad en oudergewoonte ‘n lekker trefferduet met Lianie May is ook ingesluit.

1. So Lank Sal Ek Jou Liefhê

2. Afgrond (duet met Taryn Lamb)

3. Suinig

4. Die Hart Wil Hê Wat Die Hart Wil Hê

5. Suurstof

6. Benoni

7. Lê Bietjie Langer

8. Da Vat Hy (duet met Lianie May)

9. Trots Afrikaans

10. Bly By My

11. So Laat Liefde Jou Voel

12. Vir Nou

13. Sexy Als Ik Dans

 

Koop Nou!

 

JAY – #DisHoeOnsRol

Sy tweede solo album met pop aanslag wat enige kuier aan die gang sal kry. Skrywers sluit in Ewald Coleske, Johan Oberholzer en Christoph Kotzé. Sluit in die EDEN-treffer Superhero en Lianie May duet, Bonnie en Clyde. Platinum status met verkope van meer as 40 000 eenhede. Uitegreik in 2013.

14. #DisHoeOnsRol

15. Twee

16. Sy Het Dit

17. Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap (duet met Steve Hofmeyr)

18. Hou Vas

19. Halwe Beker

20. Obsessie

21. Superhero (saam met EDEN)

22. Gee My

23. As Ek Val

24. Waar Is Jy Nou

25. Bonnie en Clyde (duet met Lianie May)

26. Bulle Bring Die Beker Huis Toe

 

Koop Nou!

 

JAY – SOLO

Na tien jaar saam met die boyband EDEN het Jay sy vlerke gesprei en sy debuut solo-album getiteld SOLO het die lig gesien in 2010. Meeste snitte is uit die pen van Ewald Coleske en Riana Nel. Lekker pop-rock album met 11 oorspronklike snitte. Platinum status met verkope van meer as 40 000 eenhede.

1. Is Ek Nie Die Een

2. Kan Nie Sonder Jou

3. Soms Sien Jy My

4. My Hart Wil Jou Nie Los Nie

5. In A Moment Like This (duet met Lianie May)

6. Pad Terug Huis Toe

7. Jy’t Gesê

8. Baie Van My Vir Net ‘n Bietjie Van Jou

9. Melanie

10. Hier In My Hart

11. Iewers

12. Kiss A Girl

13. Toe Stop My Hart (duet met Lianie May)

 

Koop Nou!