Hy vier vanjaar reeds sy veertiende jaar in die bedryf. Sy veelsydige stem en die passie waarmee hy elke aspek van sy loopbaan benader, het vir hom ’n stewige plek in die Suid-Afrikaanse mark gevestig en hom ’n gunsteling gemaak onder jonk en oud.

Willem is iemand van wie jy nie sommer vergeet nie. Hierdie talentvolle kunstenaar, met sy uitsonderlike veelsydige stem en aansteeklike verhoogpersoonlikheid, het diep spore kom trap in die harte van musiekliefhebbers regoor die land. Oor die afgelope paar jaar is musiek, vanaf sy vier albums (Kô Ma Hier, Sê My Nou, My Stem is Joune en Soen & Vergeet), nie net met verskeie toekennings (Huisgenoot Tempo-toekenning vir Beste Nuweling in 2007 en Fiësta-toekenning vir Beste Aanbieder 2012) en nominasies (SAMA-nominasie vir Sê My Nou in 2010, Huisgenoot Tempo – en Ghoema-nominasie vir My Stem is Joune in 2013) vereer nie, maar het hy homself ook gevestig as akteur op die silwerskerm (Liefling-Die Movie, Pretville), kassie (Donkerland, Sterlopers) en verhoog (TREE AAN, Reik Na Die Sterre, Altyd In My Drome). Hy hou ook sy lyf aanbieder op Kwêla op kykNET en Top 20 op kykNET NOU! En skuif deesdae agter die kamera in waar hy van die land se grootste sterre afneem vir tydskrif voorblaaie.

Hy en Nadia Beukes het kragte saamgespan vir ‘n produksie Paaie Van Hoop waar hulle vir damesoggende regoor die land optree. Hy en Franja du Plessis het ook begin 2019 die land platgetoer met die eerste Top 20-toer. Hy is ook vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar die aanbieder van die kykNET Ghoema Musiektoekenning wat regstreeks uitgesaai word.

Hy is terug in die studio vir opnames aan sy vyfde album wat later vanjaar op die rakke en alle digitale platforms beskikbaar sal wees.

DIE MENS AGTER DIE TALENT

Willem is ʼn gebore musikant en is al vandat hy kan onthou versot op sing. “Ek het van kleins af ’n groot liefde gehad vir musiek. Albei my oupa’s en ouma’s was vreeslik musikaal en baie lief vir kuns. Omdat dit vir my iets was om as ’n stokperdjie te doen op die familieplaas, in Riversdal waar ek groot geword het, het ek dit altyd baie geniet,” vertel hy.

Alhoewel hy reeds vandat hy sewentien is professioneel besig is met musiek, het hy eers in 2006 regtig begin naam maak toe hy tweede plek behaal het in die eerste Afrikaanse Idols-kompetisie. Daarna het dit sy voltydse beroep en fokus geword. Hy het in 2013 geskiedenis gemaak, in Europa, toe hy die eerste Afrikaanse kunstenaar was wat deelgeneem het aan die merkwaardige Eurovision Song Contest. Hy was deel van die span van Belarus en hulle het deurgedring tot in die finaal. Meer as ’n 100-miljoen kykers het die finaal in 44 lande gevolg. Hy het ook reeds opgetree in onder meer België, Nederland, Luxemborg, Swede en Dubai.

Buiten vir sy oorsese bedrywighede, beskou Willem verskeie plaaslike suksesse as van die hoogtepunte in sy loopbaan. “Daar is so baie dinge wat vir my uitstaan. Al die albums wat ek al vrygestel het, films soos Liefling – Die Movie en Pretville, televisiereekse soos Donkerland en Sterlopers, asook teaterproduksies soos TREE AAN, Reik Na Die Sterre en Altyd In My Drome. Ek spot altyd en sê ek geniet deesdae teaterproduksies die meeste. Daar kan ek albei my liefdes gelyktydig uitleef – sing en toneelspeel,” deel die blondekop. Breek Op In Stereo, Soen & Vergeet, Swartskaap en Vat Oor By My Jesus kan beskou word as van sy suksesvolste enkelsnitte en eersgenoemde het reeds die nommer een posisie op al wat ’n radiostasie is beklee.

Hy het natuurlik ook al die verhoog gedeel met van die land se grootste kunstenaars by van die grootste feeste (KKNK, Aardklop, Innibos, ens.) en musiekkonserte (Skouspel). Hy was ook ’n gaskunstenaar op Steve Hofmeyr se Haloda-DVD wat in September 2012 uitgereik is. “Dis altyd ’n groot voorreg om genooi te word om saam met Steve te werk,” sê hy. “Ek hou daarvan om op die verhoog te wees. Dit is waar ek in my element is. Dis waar ek regtig tevrede is.” Hy sal ook nog graag saam met kunstenaars soos Early B, Die Heuwels Fantasties en Joshua na die Reën wil werk in die toekoms. “Elke liewe persoon in die bedryf, wat ’n sukses maak van sy lewe en loopbaan, inspireer my. Ek weet watse harde werk dit vat om tot daar te kom. Die dryfkrag van die kunstenaars in ons land inspireer my elke dag om beter en harder te werk.”

As jy uitvis oor die man agter die mooi stem, verklap hy dat hy ’n perfeksionis is wat 200% tevrede wil wees met alles wat hy doen. “Ek het ’n groot avontuurlus en kan nie regtig stilsit nie. My musiek gee my die kans om die hele wêreld te sien en elke hoekie en draai van ons land te kan beleef. Wat ’n voorreg,” deel hy. Omdat diere een van sy groot passies is, sou hy heel moontlik ’n veearts wou word as hy nie mense vermaak het vir ’n lewe nie. Wanneer hy kans kry, gaan ontspan hy steeds op hulle familieplaas en ruim hy tyd in om perd te ry, want hy is immers ’n Springbokruiter. Country-musiek was nog altyd een van sy groot liefdes omdat hy daarvan hou dat dit ’n storie vertel. Dit het natuurlik ook ’n groot invloed gehad op sy eie styl en aanslag. “Ek luister deesdae graag na Carrie Underwood, Keith Urban, Tim McGraw en Taylor Swift se ouer musiek,” vertel hy.

Sy gunsteling-aanhaling oor musiek is dat as jou drome jou nie bang maak nie, jy nie groot genoeg droom nie… en hy is beslis nie bang om groot te droom en hard te werk nie.

Hy is huidiglik besig om aan sy nuwe album te skryf wat in Augustus 2019 die lig sal sien.

Maar vir nou verower hierdie, nederige, talentvolle kunstenaar eers die harte van die publiek, media en sy mede-kunstenaars met sy unieke talent, en ons kan nie wag om te sien watter drome hy nog met ons gaan deel in die toekoms nie.

WILLEM BOTHA  – SOEN & VERGEET

Hy vier die aanbreek van sy dertigs met ‘n splinternuwe album – ‘n volwasse pop klank met verskeie snitte uit sy eie pen. William Loots en Roux Cloete is ook onder die skrywers. Duette met Kristen Raath en Lee Scott maak ook deel van die album. Uitgereik in 2017.

1. Whiskey

2. Soen & Vergeet

3. Enigste Man Op Aarde

4. Nagsoen

5. Lê Beswaar Op Jou Hart

6. Swartskaap

7. Vir Ewig Kan Jonkbly

8. Middernag Meisie (deur met Lee Scott)

9. Moeilikheid Maak]

10. Hartverloresogebrokefontein

11. Ek Sê Goodbye

12. Humble And Kind

13. Iemand As Jou Hart Breek

14. Ek Reik Na Die Sterre (deut met Kristen Raath – Amorey van 7de Laan)

 

KOOP NOU!

 

 

WILLEM BOTHA  – IEMAND AS JOU HART BREEK

Enkelsnit slegs beskikbaar op iTunes. Willem self het die snit geskryf en het ook een van kykNET se Musiekvideo Projek video’s gewen. Ook beskikbaar op Afrikaans Is Groot Volume 7. Uitgereik in 2014.

1. Iemand As Jou Hart Breek

 

KOOP NOU!

 

WILLEM BOTHA –  MY STEM IS JOUNE

Na nog drie jaar volg sy derde album – ‘n ouer en meer volwasse Willem met ‘n baie meer organiese klank op die album. Meeste liedjies uit die pen van Johan Oberholzer en Willem self het ook twee snitte geskryf. Sluit die radiotreffer Breek Op In Stereo in. Uitgereik in 2012.

1. Saggies Praat Is Duiwelsraad

2. Breek Op In Stereo

3. My Stem Is Joune

4. Vat Oor By My Jesus

5. Klapsoen

6. Soen My Tot Jy Lekkerkry

7. Hoeveel Kos ‘n Seël

8. The Climb

9. Lekker Van Jou

10. Ek Kan Nie Ophou Nie

11. Sad Song

12. Jy Irriteer My

13. Breek Op In Stereo (Club Mix)

14. WB Medley

 

KOOP NOU!

 

WILLEM BOTHA – HEMELHOOG

Enkelsnit slegs beskikbaar op iTunes. Willem het ‘n vertaling van die Belgiese Nr.1-treffer Hemelhoog gedoen. Hy het ook die enkelsit in België by die oorspronklike vervaardiger gaan opneem. Uitgereik in 2013.

1. Hemelhoog

 

KOOP NOU!

 

WILLEM BOTHA – SÊ MY NOU

Drie jaar na die vorige vol sy tweede album. Willem self het geskryf en bekroonde liedjieskrywer Johan Vorster het ook weer bygedra. Album sluit ook die duet met Andriette, Hoe Meer Ons Dit Doen, in. Uitgereik in 2009.

1. Wow, Dis Hoe Ek Van Jou Hou

2. Sê My Nou

3. Onsigbaar Vir Jou

4. Hi Hi Ho

5. Wie Is Jy?

6. Moet Dit Nie Sê Nie

7. Hoe Meer Ons Dit Doen (duet met Andriette)

8. Oe Ja Boom

9. Bye Baby Bye Bye

10. Rock Vanaand Langs Jou

11. My Hart Klop Boom

12. Al Is Jy Million Miles Away

13. Ek Sien Jou Môre

14. Unbelievable

15. Best Days Of Our Lives

 

KOOP NOU!

WILLEM BOTHA – KÔ MA HIER

Na hy tweede gekom het in 2006 se Idols het sy debuutalbum kort daarna gevolg. Hy het ook sy eie hand aan skryf gewaag met groot sukses. Ander skrywers sluit in Johan Vorster, Sean Else en Tony Ridgeway. Uitgereik in 2007.

1. Ek’s Joune ( Aeroplane)

2. Kô Ma Hier

3. Mariaan

4. Blou

5. Ek Sal Wag Vir Jou

6. Jy’s My Match

7. Boomerang

8. Bly By My

9. Heaven By Your Side

10. Is Dit Ek Of Jy

11. Dis Alles ‘n Miracle

12. Ek Soek Jou Teen My (Mama Mia)

 

KOOP NOU!