Andre Schwartz se naam is lankal sinoniem met die werk van Andrew Lloyd Webber. Hy het menigte hoofrolle vertolk in Webber blyspele. Webber het  ‘n inpak gehad op Andre se lewe van jongs af en ons storie begin by ‘n 12 jarige Andre.

 

Later van tyd het Andre se verhouding met Webber hegter en sterker geword en hierdie interaksie word ontgun gedurende dié produksie.  Die teks is pittig,  maar ook gevul met sterk lewenslesse wat Andre langs die pad opgedoen het. Dit is merkwaardig hoe hierdie waarhede weerklank vind in Webber se musiek.

 

Natuurlik is daar altyd  iewers ‘n kinkel in die kabel. Teatersgangers kan uitsien na liedere soos Music of the Night, You must love Me, Love changes Everything, Memory en vele ander Webber treffers. Asook liedere van Sondheim en Rodgers and Hammerstein, soos onder ander andere Send in the Clowns.  Wie weet – dalk is ons almal Narre?