Andre Schwartz en Amanda Strydom verheerlik twee van die grootste kunstenaars wat die wêreld ooit geken het – Jacques Brel en Edith Piaf – in ’n produksie wat gestroop en eerlik is, sonder enige nonsenspraatjies of geskiedenislesse.
Deur die liriek te ondervra, bied hulle die antwoorde op die stories soos die skrywers dit bedoel het. Liedjies soos Marieke, Ne Me Quitte Pa, Seasons in the Sun, Autumn Leaves en nog vele meer word vertolk onder die meesterlike begeleiding van Coenraad Rall.
Saartjie Botha se bindingsteks is raakvat eerlik, terwyl Kobus Burger verklaar dat “Brel/Piaf soos ’n stukkie brokaat is wat in die gehoorlid se palm neergelê word. ’n Mens is amper te bang om die hand toe te vou. Dit is kleinkuns op sy beste.”