Laat jou oë skitter wanneer twee kragtige stemme, André Schwartz en Leah, saamstaan om al jou gunsteling liedjies uit die musikale te sing.
Liedjies van Moulin Rouge, Chicago, Phantom of the Opera, Les Misérables, Aladdin, Wicked, Mamma Mia!, Jekyll & Hyde, Funny Girl, Wizard of Oz, Dear Evan Hansen, Song en Dance en Little Shop of Horrors vorm deel van hierdie produksie, genaamd Magical Musical.
Kom maak seker jy is gereed om na ’n wêreld van magiese musikale te reis! Ideaal vir enige jaareindfunksie, korporatiewe geleentheid of prysuitdeling.