Wanneer twee verliefdes saam musiek maak kan ’n mens sonder twyfel die chemistry in die lug aanvoel!

Bianca le Grange en David Johnson het in 2016 trou beloof en het elkeen hulle eie loopbane gevolg. Maar die
glanspaartjie het intussen besluit om hulle talente saam te weef en saam aan projekte te werk wat enige gebroke
hart weer in die liefde sal laat glo.

Sedert haar eerste album in 2003 bekendgestel is het Bianca le Grange die musiekbedryf soos ’n tsunami getref. Sy
het beide klassieke en kontemporere musiek by die National School Of Arts studeer en vertolk gereeld die hoofrol in
verskeie verhoogproduksies en pantomimes. Haar talente eindig nie by sing nie want sy is ook ’n uitstekende MC en
het selfs ’n paar Spaanse danspassies bemeester.

David het ook musiekteater by die Universiteit van Kaapstad studeer en is ’n kranige danser, musikant en akteur. Sy
talente het hom ’n rol in die plaaslike sepie, 7de Laan, losgeslaan en meer onlangs vertolk hy die rol van Liam in die
gewilde kykNET sepie, Getroud Met Rugby.

Ek Baklei Vir Jou (2020) is die eerste duet wat Bianca en David saam opgeneem het en vertel hulle liefdesverhaal. Die dinamiese paartjie was ook die aanbieders van die realiteitsreeks, Destination Vacation op SABC 3. Saam het hulle die pragdele van Suid-Afrika insluitende verskeie ATKV oorde besoek.

BRING ‘N BRAAI

Bianca le Grange en David Johnson span kragte saam met Nigel Morkel, Robin Right en Johan Baird vir hierdie partytjie nommer. Uitgereik in 2021.

  1. Bring ‘n Braai

LUISTER HIER!

 

EK BAKLEI VIR JOU

Die power couple het die duet uitgebring om hulle liefdesverhaal uit te beeld. Uitgereik in 2020.

  1. Ek Baklei Vir Jou

LUISTER HIER!