Corné Oosthuizen

Stigter en Hoof Uitvoerende Beampte

Corné Oosthuizen is die stigter en hoof uitvoerende beampte van CO Productions en reeds meer as 22 jaar aktief in die vermaaklikheidsbedryf betrokke.

Passie, integriteit, lojaliteit en hard werk is die ononderhandelbare fondamente waarop hy, CO Productions opgebou het. Corné het ‘n onblusbare passie vir Afrikaanse musiek en geniet elke oomblik in die uitdagende vermaaklikheidbedryf.

Sy kunstenaars is soos familie vir hom en hy ‘n geliefde kombinasie van beste vriend, bestuurder, pa en ma verweef in een vir elk van hulle. 

Met ’n loopbaan wat vroeg as joernalis by ’n Media24-dagblad begin het, het Corné die nodige insig opgedoen oor die aspekte van die vermaaklikheids- en media-industrie.

“Die dinamiek van ’n span speel ’n reuse rol in die sukses wat gaan volg, en dis van uiterste belang dat van die personeel in my kantoor, wat daagliks met die kliënte werk, tot die kunstenaar self, mekaar aanvul.”

Corné se skoolvriende onthou hom as iemand wat nie “nee” vir ’n antwoord aanvaar nie en projekte kon aanpak bloot oor sy goeie oorredingsvermoë.

“Corné was redakteur van die skoolkoerant en het ons omtrent gedryf om dit die beste produk te maak. Toe ons inskryf vir Media24 se nasionale skoolkoerantkompetisie het Corné selfs ’n fondsinsameling gereël sodat ons nuwe sagteware kon koop. Die skoolkoerant is toe as derde beste in Suid-Afrika aangewys – ’n prestasie vir ’n produk wat vir die eerste keer gekwalifiseer het om in te skryf en ’n bewys dat opgee nie vir Corné ooit ’n opsie is nie,” vertel ’n vriendin.

Corné het na skool B. Com Besigheidsbestuur aan die destydse Universiteit van Port Elizabeth studeer (vandag die Nelson Mandela Metropoolse Universiteit).

Tussen die studies deur was hy vryskut-joernalis by Die Burger en is aangestel as redakteur van Jong Burger – ’n tienerbylaag tot die Die Burger. Dié het kort voor lank ’n gedaanteverwisseling ondergaan en is bekendgestel as Jip. ’n TV-program met dieselfde titel is op kykNet uitgesaai en sinergie tussen Corné en die TV-produksiespan het enorme bemarkingswaarde vir Media24 en die Oos-Kaap tot gevolg gehad. In dieselfde tyd het hy ook konserte en toere vir kunstenaars inisïeer.

Met ’n droom gevoed deur ambisie, sy skootrekenaar en kontakte op sy foon het hy Port Elizabeth vir die stadsliggies van Johannesburg verruil.

“Dit was nie maklik nie. My ondersteuningstelsel was in Port Elizabeth en ek moes vinnig aanpas om te oorleef,” vertel hy nostalgies.

Maar dit is juis moeilike uitdagings soos dié wat karakter bou en CO Productions twintig jaar later steeds een van die effektiefste en suksesvolste besighede in die bedryf maak.

“Don’t let someone’s compliments get to your head, and don’t let their criticism get to your heart.” is ‘n aanhaling wat Corné onlangs op sy sosiale media platforms gelaai het.

Mariëtte Wahl

Besprekingsagent

‘n Gebore Pretorianer wat onlangs ‘n draai op Mosselbaai gaan maak het. Sy is terug in die Jakarandastad en het 2017 by die CO Productions-familie aangesluit.

Sy is reeds meer as 11 jaar aktief in die vermaaklikheidsbedryf en was betrokke by kunstenaarbesprekings en het ook vir Gerrie Pretorius as produksieko-ordineerder en produksiebestuurder opgetree vir ses seisoene van sy TV-program Leef Jou Reis. Sy het ook al die Leef Jou Reis-toere met Gerrie Pretorius reg oor die wêreld se besprekings hanteer tot einde 2018.

Sy is nou voltyds deel van die CO Productions-familie en het vinnig in almal te hart gekruip. Kliënte en kunstenaars is gaande oor haar omgee end at sy altyd bereid is om te help maak nie saak wat die probleem of geleentheid nie.

Tharien Janse Van Rensburg

Besprekingsagent

Onder Konstruksie