Ná meer as 27 jaar is ons steeds die tuiste van al jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars!

By CO Productions hanteer ons alles – van jou gunsteling kunstenaars en MC’s tot klank, ligte, verhoog en die organisering van jou hele funksie. Of dit nou ’n fees, ’n korporatiewe geleentheid of ’n intieme kuier is… ons sorg dat dit knockout is.

Met oor die 27 jaar in die vermaak- en events-wêreld weet CO Productions presies hoe om dinge reg te doen – en met hart. Of jy ’n kunstenaar is wat ondersteuning soek, of ’n event beplan wat ’n wow-factor nodig het… groot of klein – ons help graag.

null

Wie Ons Is

Wat in 1999 begin het as ’n tienerdroom met ’n skootrekenaar, ’n selfoon en baie deursettingsvermoë, het vandag ontwikkel tot CO Productions – een van die land se voorste name in kunstenaars- en geleentheidsbestuur.

null

Wat Ons Doen

By CO Productions glo ons dit moet maklik wees om ‘n geleentheid te reël. Daarom bied ons alles op een plek – van kunstenaarsbestuur en besprekings tot tegniese dienste, bemarking en kaartjieverkope. Professionele diens, vinnige terugvoer en so min as moontlik moeite vir jou.

null

Hoekom Ons?

Ons is passievol oor wat ons doen, en dit wys in elke projek wat ons aanpak. Ons span gee aandag aan die kleinste detail en werk met integriteit en trots. Met CO Productions aan jou kant kan jy ontspan – ons sorg dat alles glad verloop, selfs wanneer planne onverwags verander.

WAT ONS DOEN

Suid-Afrika se grootste name kies ons om saam met hulle hul loopbane te groei. Ons help kunstenaars om hul handelsmerke sterk en volhoubaar te bou – met slim bestuur, kreatiewe bemarking en goeie raad elke tree van die pad. Ons fokus? Jou sukses… en nog baie meer daarvan!

Ons handle jou event van hello tot high-five aan die einde! Elke detail word mooi uitgesorteer – of dit nou ’n groot korporatiewe affêre is of ’n lekker privaat partytjie.Met jare se ervaring en ’n liefde vir kwaliteit, maak ons seker jou geleentheid is uniek, smooth sailing en iets wat almal gaan onthou.

Al jou gunsteling kunstenaars op een plek – sonder drama. Ons sit vir jou die perfekte pakket vir enige event aanmekaar: van ’n een-aand show tot ’n hele fees wat aan die dak behoorlik lig! Skakel ons vir vinnige, maklike en stresvrye besprekings… dan maak ons die magic gebeur.

Bemarking wat regtig werk – vir jou brand. Ons bou slim strategieë wat jou handelsmerk laat uitstaan, met ’n groot fokus op sosiale media waar alles gebeur. Content? Check. Gemeenskapsbestuur? Check. ’n Aanlyn teenwoordigheid wat mense laat stop en kyk? Dubbel check. Stuur vir ons ’n boodskap – ons maak vir jou ’n plan wat resultate bring.

Alles wat jy vir jou event nodig het – op één plek. Klank, ligte, AV, mobiele verhoog, MC’s, kaartjies… jy noem dit, ons help met dit. Ons kyk mooi wat jý nodig het en stel ’n pasgemaakte pakket saam wat jou geleentheid laat werk – en laat wow wees. Sit terug en geniet dit… ons span het die res!

Alles wat jy nodig het vir digital content – maklik en op één plek. Van bios, persverklarings en webwerf-tekste tot sosiale media posts en voorleggings … ons skryf dit, ontwerp dit en maak dit pop. Met vars idees en slim strategie help ons jou brand groei in ’n wêreld wat vinnig beweeg. Kom ons bou iets awesome saam!

DRUK DIE PLAY KNOPPIE!

WAT ONS KLIËNTE SÊ