Met meer as 24-jaar ondervinding is ons een van die leiers in die Afrikaanse musiekbedryf.
Ons bied ‘n wye verskeidenheid dienste en ons indrukwekkende kliëntelys bestaan uit ‘n verskeidenheid top kunstenaars, feeste, casinos en besighede. Ons is jou een-stop keuse vir alles wat jy benodig vir jou fees, skou of geleentheid – kunstenaars, aanbieders, beoordelaars, klank, beligting en verhoë tot projekbestuur.
Ons is die antwoord vir uiters professionele, persoonlike en vriendelike diens. Integriteit en etiek is steeds ons kenmerk na meer as twee dekades in die vermaakbedryf. Maak nie saak hoe nuut of gevestig die kunstenaar is of hoe groot of klein die projek is nie, ons help graag. By CO Productions raak ons kliënte ons vriende – probeer ons gerus!
Wie ons is
CO Productions is gebore en is beslis een van die formidabele rolspelers in die vermaaklikheidsbedryf met meer as 23-jaar ondervinding.
Wat ons doen
Hoekom ons?
Die personeel van CO Productions is ’n ongelooflik goedgeoliede masjien met ‘n kragtige kombinasie van kennis en ervaring aangevuur deur hul passie en lojaliteit.
WAT ONS DOEN

Van die land se grootste en suksesvolste kunstenaars vertrou ons om met ons kundigheid en kennis hul loopbane in totaliteit te bestuur. Langtermyn handelmerkbeplanning en -posisionering asook bemarking vorm deel hiervan.

Ons bestuur jou geleentheid in geheel – jou regterhand van A tot Z. Ons fokus op elke klein detail en sal jou geleentheid onvergeetlik maak. Van ons kliënte sluit die land se grootste korporatiewe maatskappye, feeste en publikasies in.

Bespreek al jou gunstelinge op een plek. Vir spoedige, professionele diens met min administrasie. Ons sien om na jou belange – of dit ‘n enkele funksie, venue met gereelde besprekings of ‘n hele fees is… Gesels met ons vir die regte pakket.

Bemarking is sentraal tot enige handelsmerk en die vermaakbedryf is geen uitsondering nie. Gesels met ons oor jou individuele bemarkingsplan. Sosiale media speel daagliks ‘n groter rol en ons fokus spesifiek op hierdie groeipunt.

Ons help jou met alles wat jy benodig vir jou geleentheid – klank, beligting, AV, verhoog, mobiele verhoog, seremoniemeesters, beoordelaars, verhoogbestuur, kaartjieverkope en soveel meer. Gesels met ons oor jou spesifieke behoeftes!
