‘n Make-Up Masterclass met Willem Botha bied ‘n unieke geleentheid vir vroue om direk van Willem self te leer oor grimeerwenke, sy ervarings, en natuurlik, musiek. Hierdie klasse is nie net ‘n geleentheid vir die aanleer van tegnieke nie, maar ook vir ‘n gesellige kuier met lekker kos en drinkgoed terwyl jy jouself laat bederf deur Willem se ongelooflike persoonlikheid.

Tydens die klas deel Willem die tegnieke en produkte wat hy gebruik, nie net vir sy fotosessies vir tydskrifvoorblaaie nie, maar ook vir gewone dames wat wil skitter soos ‘n voorbladster. Dit is ‘n geleentheid wat waarde toevoeg, want die kennis wat jy opdoen tydens die klas, sal vir altyd by jou bly.

Hierdie Make-Up Masterclass is nie net ‘n geleentheid om by Willem te leer nie, maar ook om ‘n unieke ervaring te hê wat jou nog lank sal bybly. Kom kuier en leer saam met Willem Botha by sy Make-Up Masterclass.

 

OPSIE 1

  • Willem Botha Make-Up Masterclass
  • Maksimum van 300 gaste
  • Musiekoptrede van 30 minute & 2 ure se Make-Up Masterclass

OPSIE 2

  • Eksklusiewe PRIVAAT Willem Botha Make-Up Masterclass
  • Maksimum van 20 gaste
  • Dit is dieselfde ervaring, net meer intiem
  • Sluit in ’n Make-Up Masterclass van 2 ure
Click here for all the planned events