Welkom by CO Productions

CO Productions is jou eenstop-bestemming vir alles wat jy nodig het in die vermaaklikheids- en geleentheidsbedryf – van A tot Z. Met passie, professionaliteit en toegewydheid as ons dryfkrag, is ons trots daarop om gehalte diens te lewer, elke keer.

 

Kunstenaarsbestuur & Besprekings

Ons is die eksklusiewe tuiste van van Suid-Afrika se grootste en gewildste name in musiek en vermaak, insluitend:

  • Juanita du Plessis
  • Robbie Wessels
  • Bernice West
  • Bobby van Jaarsveld
  • Leah
  • Willem Botha
  • Franja du Plessis
  • Ivan Roux
  • Zaan Sonnekus
  • Ruan Josh
  • Rooksein
  • Fran Prins
  • Ryk Kleinhans
  • Lee Scott
  • Chanique Rabe.

 

Bekroonde Produksies

CO Productions is ook die trotse tuiste van topgehalte produksies soos:

  • Boys R Back (Reynardt Hugo, Germandt Geldenhuys, Willem Botha, Ruan Josh & Lee Scott)
  • Grensloos (André Schwartz & Coenie de Villiers)
  • Brel & Piaf (Amanda Strydom & André Schwartz)
  • Battle of the Voices (Leah & Lee Scott)
  • Magical Musicals (André Schwartz & Leah)
  • Kaalvoetkinners (Juanita, Franja & Ruan)
  • Adele & Bublé Akoesties (Lee Scott)
  • cul’Afrika (korporatief)

Ons werk ook saam met inspirerende sprekers soos Reynardt Hugo en Chanique Rabe-Honeyborne.

Ons was ook betrokke by die glinsterryke loopbane van kunstenaars soos Jay, Dewald Wasserfall, Riana Nel, ADAM, André Schwartz, Monique Steyn en HULLE. Ons bied ’n volledige dienspakket – van dag-tot-dag skedulering en bemarking, tot besprekings en strategiese bestuur.

 

Oor Ons

Ons span by CO Productions is ervare, passievol en lojaal. Ons kombineer jare se kennis met kreatiwiteit en ‘n onwrikbare wil om die ekstra myl vir elke kliënt te stap.

Die maatskappy is gestig deur Corné Oosthuizen, wat reeds as tiener sy loopbaan begin het – met niks meer as ’n skootrekenaar, selfoonkontakte en ‘n droom nie. Vandag, meer as 25 jaar later, staan CO Productions as een van die mees gerespekteerde name in die bedryf.

Ons eerste groot projek was ’n toer saam met Heinz Winckler, Suid-Afrika se eerste Idols-wenner. Sedertdien het ons saamgewerk met legendes soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, EDEN, Dozi, Hi-5, André Schwartz, en selfs die internasionale groep Smokie.

 

Ons Storie

CO Productions het oor die jare verskeie verhoogprojekte en feeste bestuur, insluitend die gewilde Huisgenoot-verhoog by KKNK en Aardklop, wat jong kunstenaars ’n unieke platform gegee het om hul talent aan die wêreld te wys. Ons het ook die geliefde Madeliefie Makietie aan die Weskes begin en is die afgelope paar jaar betrokke by die Pretoriafees. Ander groot media-vennote soos TV Plus, Kuier en Jacaranda FM het ook staatgemaak op ons kundigheid en kreatiwiteit.

 

Jou Projek. Ons Passie.

By CO Productions glo ons aan persoonlike diens, uitmuntendheid en betroubaarheid – van die eerste vergadering tot die laaste applous. Kom loods jou volgende projek saam met ’n span wat regtig omgee..

 

Van Suid-Afrika se grootste kunstenaars vertrou ons met hul loopbane. Ons bied professionele bestuur, strategiese leiding en bemarking om hul handelsmerke volhoubaar te bou en hul sukses te verseker.

Ons bestuur jou geleentheid van begin tot einde. Met aandag aan elke detail bied ons uitsonderlike diens aan kliënte landswyd – van groot korporatiewe funksies tot privaatfeeste. Ons ervaring en toewyding aan kwaliteit maak elke geleentheid uniek en onvergeetlik.

Al jou gunstelinge op een plek – sonder die moeite. Ons bied professionele diens en die regte pakket vir enige geleentheid – van enkel funksies tot volwaardige feeste. Kontak ons vir vinnige, doeltreffende en sorgvrye besprekings.

Bemarking wat werk – vir jou handelsmerk. Ons skep doelgerigte bemarkingstrategieë wat jou unieke handelsmerk versterk, met ’n spesiale fokus op sosiale media. Van inhoud tot gemeenskapsbestuur – ons span sorg vir ’n sterk, relevante aanlyn teenwoordigheid. Kontak ons vir ’n plan wat resultate lewer.

Alles wat jy vir jou geleentheid nodig het – op één plek. Van klank, beligting en AV tot mobiele verhoog, seremoniemeesters en kaartjieverkope – ons ervare span hanteer dit alles. Ons doen ’n behoefte-analise en stel ’n pasgemaakte pakket saam om jou geleentheid ’n sukses te maak.

Volledige ondersteuning met digitale inhoud. Ons bied kopieskryf vir biografieë, persverklarings, webwerwe, voorleggings en sosiale media – alles onder één dak. Met kreatiewe ontwerp en strategiese insig help ons jou om jou besigheid of handelsmerk te laat groei in ’n vinnig-veranderende digitale wêreld.