Welkom by CO Productions

CO Productions is jou eenstop-bestemming vir alles wat jy nodig het in die vermaaklikheids- en geleentheidsbedryf – van A tot Z. Met passie, professionaliteit en toegewydheid as ons dryfkrag, is ons trots daarop om gehalte diens te lewer, elke keer.

 

Kunstenaarsbestuur & Besprekings

Ons is die eksklusiewe tuiste van van Suid-Afrika se grootste en gewildste name in musiek en vermaak, insluitend:

  • Juanita du Plessis
  • Robbie Wessels
  • Bernice West
  • Bobby van Jaarsveld
  • Leah
  • Willem Botha
  • Franja du Plessis
  • Ivan Roux
  • Zaan Sonnekus
  • Ruan Josh
  • Fran Prins
  • Ryk Kleinhans
  • Lee Scott
  • Chanique Rabe.

 

Bekroonde Produksies

CO Productions is ook die trotse tuiste van topgehalte produksies soos:

  • Boys R Back (Reynardt Hugo, Germandt Geldenhuys, Willem Botha, Ruan Josh & Lee Scott)
  • Through God’s Lenses (Leah & Rolene Strauss)
  • cul’Afrika (korporatief)
  • Kaalvoetkinners (Juanita, Franja & Ruan)
  • Grensloos (André Schwartz & Coenie de Villiers)
  • Brel & Piaf (Amanda Strydom & André Schwartz)
  • Battle of the Voices (Leah & Lee Scott)
  • Magical Musicals (André Schwartz & Leah)
  • Adele & Bublé Akoesties (Lee Scott)

Ons werk ook saam met inspirerende sprekers soos Reynardt Hugo en Chanique Rabe-Honeyborne.

Ons was ook betrokke by die glinsterryke loopbane van kunstenaars soos Jay, Dewald Wasserfall, Riana Nel, ADAM, André Schwartz, Monique Steyn en HULLE.

Ons bied ’n volledige dienspakket – van dag-tot-dag skedulering en bemarking, tot besprekings en strategiese bestuur.

 

Oor Ons

Ons span by CO Productions is ervare, passievol en lojaal. Ons kombineer jare se kennis met kreatiwiteit en ‘n onwrikbare wil om die ekstra myl vir elke kliënt te stap.

Die maatskappy is gestig deur Corné Oosthuizen, wat reeds as tiener sy loopbaan begin het – met niks meer as ’n skootrekenaar, selfoonkontakte en ‘n droom nie. Vandag, meer as 25 jaar later, staan CO Productions as een van die mees gerespekteerde name in die bedryf.

Ons eerste groot projek was ’n toer saam met Heinz Winckler, Suid-Afrika se eerste Idols-wenner. Sedertdien het ons saamgewerk met legendes soos Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, EDEN, Dozi, Hi-5, André Schwartz, en selfs die internasionale groep Smokie.

 

Ons Storie

CO Productions het oor die jare verskeie verhoogprojekte en feeste bestuur, insluitend die gewilde Huisgenoot-verhoog by KKNK en Aardklop, wat jong kunstenaars ’n unieke platform gegee het om hul talent aan die wêreld te wys.

Ons het ook die geliefde Madeliefie Makietie aan die Weskes begin en is die afgelope paar jaar betrokke by die Pretoriafees. Ander groot media-vennote soos TV Plus, Kuier en Jacaranda FM het ook staatgemaak op ons kundigheid en kreatiwiteit.

 

Jou Projek. Ons Passie.

By CO Productions glo ons aan persoonlike diens, uitmuntendheid en betroubaarheid – van die eerste vergadering tot die laaste applous. Kom loods jou volgende projek saam met ’n span wat regtig omgee..

 

Suid-Afrika se grootste name kies ons om saam met hulle hul loopbane te groei. Ons help kunstenaars om hul handelsmerke sterk en volhoubaar te bou – met slim bestuur, kreatiewe bemarking en goeie raad elke tree van die pad. Ons fokus? Jou sukses… en nog baie meer daarvan!

Ons handle jou event van hello tot high-five aan die einde! Elke detail word mooi uitgesorteer – of dit nou ’n groot korporatiewe affêre is of ’n lekker privaat partytjie.Met jare se ervaring en ’n liefde vir kwaliteit, maak ons seker jou geleentheid is uniek, smooth sailing en iets wat almal gaan onthou.

Al jou gunsteling kunstenaars op een plek – sonder drama. Ons sit vir jou die perfekte pakket vir enige event aanmekaar: van ’n een-aand show tot ’n hele fees wat aan die dak behoorlik lig! Skakel ons vir vinnige, maklike en stresvrye besprekings… dan maak ons die magic gebeur.

Bemarking wat regtig werk – vir jou brand. Ons bou slim strategieë wat jou handelsmerk laat uitstaan, met ’n groot fokus op sosiale media waar alles gebeur. Content? Check. Gemeenskapsbestuur? Check. ’n Aanlyn teenwoordigheid wat mense laat stop en kyk? Dubbel check. Stuur vir ons ’n boodskap – ons maak vir jou ’n plan wat resultate bring.

Alles wat jy vir jou event nodig het – op één plek. Klank, ligte, AV, mobiele verhoog, MC’s, kaartjies… jy noem dit, ons help met dit. Ons kyk mooi wat jý nodig het en stel ’n pasgemaakte pakket saam wat jou geleentheid laat werk – en laat wow wees. Sit terug en geniet dit… ons span het die res!

Alles wat jy nodig het vir digital content – maklik en op één plek. Van bios, persverklarings en webwerf-tekste tot sosiale media posts en voorleggings … ons skryf dit, ontwerp dit en maak dit pop. Met vars idees en slim strategie help ons jou brand groei in ’n wêreld wat vinnig beweeg. Kom ons bou iets awesome saam!