Fran Prins

Splinternuut en eksklusief by CO Productions – Fran Prins. Sy eerste enkelsnit, Hoogtyd, het beindruk en ons kan nie wag vir wat die man se loopbaan gaan doen nie. Sy nuwe enkelsnit is vroeg 2025 op alle digitale platforms beskikbaar. Onthou die naam Fran Prins!

Bobby van Jaarsveld

Bobby is nou eksklusief by CO Productions vir alle besprekings en sy nuutste enkelsnit, Niks Soos Liefde Nie klim trefferparades landwyd. Bespreek hom en die orkes nou vir jou fees of funksie in 2025.

Zaan Sonnekus

Splinternuut en eksklusief by CO Productions – Zaan Sonnekus en sy band. Sy enkelsnitte, Die Kortste Hier, Oor Jou en Fok Jou, klim trefferparades reg oor die land en daar is nog baie nuwe musiek op pad. Maak seker jy bespreek hom vir jou volgende fees, funksie of fondsinsameling. Die jongklomp is gek oor hom en sy musiek. Sy dagboek vir 2025 is reeds oop!

Rooksein

Rooksein is nou eksklusief by CO Productions vir al hul besprekings. Hul nuwe album Kyk Op is nou op alle stromingsdienste beskikbaar met treffers soos Vroegoggend Koffie, Simon En Delila en meer. Bespreek hulle nou vir jou fees!

Ivan Roux

Ivan Roux is nou eksklusief by CO Productions vir al sy optredebesprekings. Sy nuutste enkelsnit, Morsig en sy country album About Last Night beindruk. Maak seker jy bespreek hom vir jou funksie want hy is gebore vir die verhoog!

Juanita du Plessis

Juanita du Plessis is terug met ‘n bang. Haar nuutste enkelsnit, Dis ‘n Vibe volg op die weghol sukses van Liewe Jinne. Beide hierdie liedjies is ‘n moet vir enige naweek speellys. Juanita is ook onlangs tydens Innibos vereer met ‘n ere toekenning vir haar bydrae tot Afrikaanse musiek.

Robbie Wessels

Hy was weer behoorlik in groen en goud – letterlik en figuurlik. Robbie Wessels se liedjie, Bakkie Balle het die vol rugbyalbum, Hiep Hiep Hoera voorafgegaan. Sy dagboek vir 2025 raak vinnig vol so as jy wil he hy moet by jou kom musiek maak beter jy wikkel.

Leah

Leah is terug op die kassie met, Lottoland Help ‘n Dorp. Elke Woensdag slegs op kykNET vat sy die pad en rol haar moue op om gemeenskappe reg oor die land te help. Haar nuwe enkelsnit, Aanhou is ook nou op alle stromingsdienste beskikbaar.

Willem Botha

Willem Botha is terug met ‘n nuwe enkelsnit, 2010. Hierdie lekker saamsing treffer laat die voete behoorlik jeuk en ‘n moet vir enige naweek playlist. Verder is hy besig met sy Willem Botha Make-Up Masterclasses reg oor die land en het in 2024 meer as 52 x uitverkoopte klasse aangebied.

Franja du Plessis

Haar nuutste vrystelling, VERE! maak die dansvloere vol reg oor die land net soos Lisensie en die musiekvideo’s is ‘n moet kyk. Dit volg op Deur Die Reen en Hakahana asook die duet met Ruan Josh, Net Hier Bly. Daar is nog nuwe musiek op pad in 2024 so hou die spasie dop!

Ruan Josh

Met sy baie suksesvolle enkelsnitte, Ligte Laag, Vat Die Houe en Ek Sukkel in 2023 het Ruan sy veelsydigheid bewys. ‘n Lekker duet met Franja du Plessis, Net Hier Bly is vroeg vanjaar vrygestel sy volle album, Wysers is einde Maart uitgereik en nou op alle stromingsdienste beskikbaar.

Lee Scott

Hy is een van die beste stemme in die bedryf en het ook al ’n draai op die Starlight Classics verhoog gemaak. Hy werk tans aan ’n splinternuwe enkelsnit wat binnekort die lig sal sien. Lee het ook bekend geword as aanbieder van die musiekprogram, Kliphard, wat op SABC2 uitgesaai word. Hy het ook in 2020 sy eie sangafrigting studio begin in Pretoria en sy nuutste produksie – Adele & Bublé is nou beskikbaar – akoestiese vertoning met Chanie Jonker op klavier.

Chanique

Chanique is die Namibiese skoonheid wat die Mej. Supranational-titel ingepalm het in 2021. Dié gesogte titel is deel van die groot drie – Mej. Wêreld, Mej. Heelal en Mej. Supranational. Na sy haar kroon aan haar opvolger van Suid-Afrika oorhandig het is sy nou permanent in Pretoria. Sy is nou eksklusief by CO Productions as motiveringspreker, aanbieder en beoordelaar beskikbaar. So vir jou volgende Mnr. & Mej.-funksie of korporatiewe funksie is sy jou keuse vir ‘n tikkie sprankel soos net sy kan.