Bernice West
Bernice West se nuutste enkelsnit,Toelaat, saam met Droomsindroom, spog met die Nr. 1-posisie op Apple Music. Haar jongste album, Komma Nader, is nou digitaal beskikbaar en bevat gewilde treffers soos Komma Nader, Praat Duits, Elektrisiteit en See Toe.
Ná ‘n kort kreatiewe breuk is Bernice terug op die verhoog met nuwe energie en ‘n vars klank. Saam met haar lewendige band sing sy die land aan die brand en lewer sy ‘n vertoning propvol energie, egtheid en haar grootste treffers
Ryk Kleinhans
Ryk Kleinhans is besig om sy merk in die Afrikaanse musiekbedryf te maak met sy unieke klank, eerlike lirieke en energieke verhoogpersoonlikheid. Ná die sukses van Wat Ek Wil Hoor, Janie en sy nuutste enkelsnit Laat Hy Loop, wys hy steeds hoekom hy een van die varsste stemme in Afrikaans is. Of dit nou ‘n fees, korporatiewe geleentheid of privaat funksie is – Ryk bring hope energie, goeie musiek en ‘n vertoning wat gehore nog lank onthou. Bespreek hom nou en beleef self waarom almal oor hom praat!
Ruan Josh
Ruan Josh bly een van Afrikaans se gewildste kunstenaars met sy unieke stem, opregte persoonlikheid en treffers wat gehore oral saam laat sing. Met gewilde liedjies soos Liefde In Jou Oë, Stoetbul en Even If saam met Juanita du Plessis, is hy ‘n gunsteling op feeste en funksies regoor Suid-Afrika. Buiten sy musiek is Ruan ook besig om sy passie vir kos met aanhangers te deel in sy splinternuwe kookreeks wat binnekort op YouTube verskyn. Met sy energieke verhoogvertonings en warm persoonlikheid is Ruan Josh die perfekte keuse vir enige geleentheid.
Bobby van Jaarsveld
Bobby van Jaarsveld hou aan om treffers uit te pomp! 🤠 Ná die ongelooflike sukses van Boer Ding, waarvan die musiekvideo reeds meer as 4 miljoen YouTube-kyke het, het hy weer beïndruk met Regte Plekke en My Tipe – twee liedjies wat vinnig hulle plek op luisteraars se playlists ingeneem het. Voeg daarby sy energieke verhoogvertonings, hope gunsteling-treffers en sy natuurlike sjarme, en dit is maklik om te sien hoekom Bobby steeds een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars is. As jy ‘n skare aan die sing en dans wil kry, is Bobby die man vir die job!
Zaan Sonnekus
Zaan Sonnekus is besig om behoorlik opslae te maak! 🔥 Sy treffers DOOD saam met Tasché en Waar Die Engele Rook het albei die Nr. 1-posisie op Apple Music gehaal en wys hoekom hy een van die varsste stemme in Afrikaans is. Sy eerlike lirieke, unieke klank en rou emosie tref elke keer die regte noot. En hy is nog lank nie klaar nie – daar is nóg groot musiek en ‘n paar kragtige duette op pad! Op die verhoog gee Zaan en sy band alles, met ‘n vertoning vol energie, emosie en liedjies wat nog lank by jou bly. As jy hom nog nie live beleef het nie… nou is die tyd! 🎤
Juanita du Plessis
Juanita du Plessis bewys weer hoekom sy een van Afrikaans se mees geliefde kunstenaars is! ❤️ Haar nuutste EP, Hierdie Oomblik, maak behoorlik geraas met treffers soos Ek Staan Nog en Bly In Jou Baan, wat reeds gunstelinge onder aanhangers geword het. Met dekades se treffers, ‘n tydlose stem en ‘n verhoogpersoonlikheid wat gehore keer op keer betower, bly Juanita ‘n vaste gunsteling regoor Suid-Afrika. Of sy nou haar nuutste musiek of die liedjies waarmee almal grootgeword het sing, elke vertoning is iets besonders. 🎤✨
Robbie Wessels
Robbie Wessels hou die goeie vibes aan die gang! 🎉 Sy splinternuwe enkelsnit Bomb Squad, geïnspireer deur die rugbykoors wat die land beet het, is nou oral beskikbaar en kry reeds mense aan die sing. Ná treffers soos Vitamienes, Bokbefok saam met Francois van Coke en Boereworsgordyn saam met Appel bewys Robbie weer hoekom hy een van Suid-Afrika se grootste entertainers is. Van lekker lag tot lekker saamsing – ‘n Robbie Wessels-vertoning is altyd propvol energie, humor en liedjies wat almal ken. 🏉🎤
Franja du Plessis
Franja du Plessis weet hoe om ‘n partytjie aan die gang te kry! 💃 Haar nuutste treffer OE LA LA is propvol energie en wys weer hoekom sy een van Afrikaans se gunsteling vrouekunstenaars is. Ná die sukses van haar album Die Ou Ford, met treffers soos Kry My In Die Middel, VERE! en Lisensie, hou sy aan om vars musiek en onvergeetlike vertonings te lewer. Op die verhoog, saam met haar kitaarspeler, bring Franja hope energie, lekker vibes en al die treffers waarvan gehore hou. Van feeste tot privaat funksies – as Franja op die verhoog is, is die kuier aan! 🎤✨
Willem Botha
Willem Botha hou aan om te beïndruk – op én van die verhoog! 💖 Sy splinternuwe enkelsnit Hallo My Hart klim tans die trefferparades uit, en die musiekvideo is beslis een wat jy móét sien. Buiten sy musiek toer Willem steeds landswyd met sy uiters gewilde Make-Up Masterclasses, waar hy duisende inspireer met sy passie, styl en persoonlikheid. Of hy nou sing of grimeer, Willem weet hoe om ‘n gehoor te vermaak en elke keer iets besonders te lewer. ✨🎤
Leah
Leah hou aan om harte te wen met haar vars klank en aansteeklike energie. 💛 Ná die sukses van Lekkerste Lekker het sy onlangs haar splinternuwe enkelsnit Dieselfde Bly vrygestel – ‘n liedjie wat reeds mooi aanklank vind by aanhangers. Buiten haar musiek is Leah ook weer op TV te sien as aanbieder van Lottoland Help ‘n Dorp, waar sy gemeenskappe regoor Suid-Afrika inspireer. Met haar opregte persoonlikheid, sterk verhoogvertonings en gewilde treffers is Leah altyd ‘n gunsteling by enige geleentheid.
Lee Scott
Lee Scott is ‘n ware entertainer wat moeiteloos tussen genres beweeg. 🎤
Of hy nou pop, klassiek of musiekteater sing, hy lewer elke keer ‘n vertoning van wêreldklas. Hy toer tans met die gewilde produksie Adele & Bublé en is ook deel van cul’AFRIKA, ‘n energieke vertoning wat die ritme en gees van Afrika na enige geleentheid bring. Buiten die verhoog inspireer Lee ook gehore landswyd met sy gewilde stilering- en beeldpraatjies, waar hy sy passie vir styl, selfvertroue en persoonlike beeld deel. Met sy ongelooflike stem, charisma en veelsydigheid is Lee die perfekte keuse vir enige geleentheid.











