Franja du Plessis is ’n 27-jarige sangeres, liedjieskrywer en aktrise. Van skooljare af het sy aan liedjie- en talentkompetisies deelgeneem, en in haar matriekjaar het sy in haar skool (Hoërskool Die Wilgers) se revue gespeel en die hoofrol, Leika, vertolk.
Franja is ook baie sportief en beoefen verskeie sportsoorte: Atletiek, Softbal, Netbal en hou daarvan om te oefen.
Franja het regoor die land in produksies soos “Afrikaans is Groot” 2013 en “Gospel Skouspel” 2013 opgetree.
Franja is ook in die fliek As Jy Sing te sien en vervul een van die hoofrolle as Marna de Jager. Sy het ’n liedjie (“In Twee Geskeur”) spesiaal vir die fliek geskryf.
Franja het die volgende liedjies vir Platinum ster, Juanita du Plessis, geskryf:
- Om Jou Pinkie
- Aanhou Om Aan Te Hou
- Hou Op Soek
- Kaalvoetkinners
- Meer As ’n Melodie
Franja het musiek en produksie by die Berkley Universiteit van Kalifornië gestudeer. Haar debuutalbum “My Verhaal” is op 24 Junie 2016 vrygestel.
Franja du Plessis se tweede album “Hittegolf” is in September 2018 uitgereik met 13 nuwe liedjies, almal deur haar geskryf.
“Hittegolf” sal haar gehoor (ou en jonk) nie teleurstel nie, en met haar skaam, maar eerlike benadering en vertroue in haar musiek, sal almal haar reguit liefhê vanaf die woord GO!
Franja se nuutste album, Los Jou Hart, is in 2022 uitgereik met treffers soos Bring Dit, Gee My ’n Boerseun en My Lief. Sy het saam met Juanita du Plessis en Ruan Josh ook ’n Sing Country-album in Desember 2021 uitgereik.
Franja is baie musikaal en speel ’n verskeidenheid instrumente, insluitend dromme, baskitaar, akoestiese kitaar en mondfluitjie. Sy is ook aktief betrokke in die ateljee met die vervaardiging van musiek. Aanhangers van Franja kan verder na 2023 uitkyk vir nog nuwe musiek.