Chanique Rabe is ’n Namibiese model, modekunstenaar en skoonheidswedstrydkoningin wat verkies is tot Miss Supranational 2021.

Sy is voorheen verkies tot Miss Teen Continents 2015 en Miss Supranational Namibia 2020, wat haar die eerste verteenwoordiger van Namibië maak wat die Miss Supranational-titel wen, die eerste Afrikaland wat dit doen.

Sy is gebore en het grootgeword in Windhoek, Namibië. Sy is ’n ambassadeur vir die Hope Village Weeshuis. Deur haar eie liefdadigheidsprojek genaamd The Mending Project leer sy stikwerk aan kinders. Sy het ’n sertifikaat in skoonheidskuns en fotografie.

Chanique het van 2003 tot 2015 by die Windhoek Afrikaanse Privaatskool gestudeer. Haar avontuur in die wêreld van skoonheidskompetisies het begin toe sy op die ouderdom van vyftien die Miss Windhoek Afrikaanse Privaatskool titel behaal het. Nadat sy Miss Teen Namibia 2014 gewen het, het sy Namibië by dieselfde internasionale tiener-skoonheidskompetisie, Miss Teen Continents 2015 in Houston, Texas, Verenigde State van Amerika, verteenwoordig en vir die eerste keer ooit die titel vir Namibië gewen. Sy het ook die Face of Queen Spark 2015 in Johannesburg, Suid-Afrika, gewen. 

Nadat sy haar kroon aan haar opvolger in Pole oorhandig het gedurende Julie 2022, sal hierdie Miss Supranational wenner na Pretoria, Suid-Afrika, verhuis en uitsien na ’n nuwe hoofstuk in haar baie suksesvolle loopbaan. Sy sal konsentreer op motiverende praatjies, aanbiedinge en ook haar liefdadigheidswerk na Suid-Afrika uitbrei. 

Hou vir Chanique dop!

ChaniWeb4