Tydens haar matriek jaar het sy al die industrie betree en sedertdien nog nie terug gekyk of stil gesit nie.
Bernice West is onbeskaamd in wie sy is en die lig wat sy skyn waarokal sy gaan. Sy spog nie net met ‘n rits nommer 1 enkel snitte nie, maar ook met 3 nommer 1 albums in Suid-Afrika.
Die verskeidenheid in haar musiek maak dat sy perfek by jou funksie/fees/geleentheid sal aanpas, of dit nou ‘n rock verhoog of ‘n akoestiese vertoning is, beloof sy om die gehoor te verstom met een van die beste vertonings wat ons land het om te bied Sy is een van die veelsydigste kunstenaars in die Afrikaanse mark, haar musiek vind aanklank by elke ouderdomsgroep.
Lyfie het onlangs die liedjie van die jaar sowel as die mees gestroomde liedjie in die land gewen by die Aitsa musiek toekennings. Haar album Jona is bekroon met ‘n gesogte SAMA toekenning vir beste pop album van die jaar.
Bernice het ‘n suksesvolle restaurant WestCafé oopgemaak saam met haar boetie Renier.
Sy het ‘n splinternuwe album ’IdentiTYD’ in Junie vrygestel en sy is getroud aan skrywer, regisseur en vervaardiger Jannes Erasmus.
Die Afrikaner maak so musiekblyspel was ‘n hoogtepunt in haar kalender, sy was die vorige keer in ‘Die Gelofte’ musiekblyspel te sien.
Haar nuwe album is ook ‘n nuwe seisoen vir haar as kunstenaar. Die stem waaroor almal mal is met ‘n baie sterk narratief oor identiteit.
Bernice West sien uit om saam met haar band by jou fees/ vertoning / funksie of geleentheid te kom optree.