Fran Prins is besig om ’n kragtige nuwe stem in die Afrikaanse musiekbedryf te word. Met eerlike lirieke en ’n rou, emosionele aanslag het sy musiek al diep spore in aanhangers se harte getrap. Sy debuut-enkelsnit, Hoogtyd, het in 2022 verskyn en is direk uit sy eie pen én pyn gebore – ’n lied wat ontstaan het in ’n tyd van hartseer, verlange en selfondersoek, maar wat met hoop eindig. “Dit beteken baie vir my om nou terug te kyk en te besef dat dinge wel beter word. Mens moet nooit moed opgee nie,” sê hy.

Na Hoogtyd het Fran sy plek as opkomende kunstenaar versterk met die vrystelling van Bitterblou – ’n ballade vol siel en weerloosheid – en nou met sy mees onlangse enkelsnit, Jy Is Die Rede, wys hy weer hoekom hy een van die opwindendste nuwe stemme in Afrikaans is. Sy lirieke spreek van rou emosie en lewenswaarhede waarmee luisteraars maklik kan vereenselwig.

Fran het op 15-jarige ouderdom begin kitaar speel, wat die vonk vir sy musikale reis was. Hy het grootgeword tussen die klanke van golden oldies, rock & roll, die 2000’s se tech-boom en die MK-revolusie. Sy styl is gevorm deur plaaslike legendes soos Theuns Jordaan, Jan Blohm, Francois van Coke, Danie Reenwolf en Tasche – maar ook deur internasionale invloedrykes soos Bob Dylan, Kip Moore, Kings of Leon en The Lumineers.

Sy musiek is deurdrenk van melancholie, eerlikheid en nostalgie – maar altyd met ’n sterk emosionele kern. Fran se gunsteling aanhaling is: “Behind every beautiful thing, there’s some kind of pain,” en dit vang perfek vas hoe hy elke lied aanpak: met siel, storie en stukkies van homself.

Nuutste vrystellings:
🎵 Jy Is Die Rede
🎵 Bitterblou
🎵 Hoogtyd

JY IS DIE REDE

Uitgereik in 2025.
1. Jy Is Die Rede

LUISTER HIER!

 

BITTERBLOU

Uitgereik in 2025.
1. Bitterblou

LUISTER HIER!

 

HOOGTYD

Uitgereik in 2024.
1. Hoogtyd

LUISTER HIER!