Ivan Roux is ‘n multi-platinum sanger en liedjieskrywer wat sy musikale reis begin het deur in klein kroeë op te tree. In 2018 het hy tweede geëindig in die eerste seisoen van die realiteitsreeks Die Kontrak en die res is geskidenis.

Met verloop van tyd het Ivan homself tot groot arenas, korporatiewe funksies, en verskeie ander groot feeste opgewerk. Sy talent het hom ook al op toere na onder meer Dubai, Egipte, Australië, en Nieu-Seeland geneem. Sy passie vir musiek en energieke optredes is aansteeklik en kry enige gehoor op hul voete. Sy gemaklike persoonlikheid maak hom iemand wat baie geliefd is in die Afrikaanse bedryf.

Ivan se belangstellings strek veel verder as musiek; hy geniet alle sporte, buitelug aktiwiteite en enigiets wat die adrenalien behoorlik laat pomp. Alhoewel baie mense hom net met Afrikaanse musiek assosieer, het hy ‘n diepgewortelde passie vir Country musiek. Sy vroeë optredes het sy veelsydigheid geslyp, wat hom ‘n gesoute entertainer maak wat moeiteloos tussen Oldies, Rock, Country en Pop kan beweeg.

Ivan is ook baie gewild op TikTok waar hy sy eie weergawe van van die grootste liedjies van oral oor doen – so gaan loer gerus. Hy het verskeie suksesvolle enkelsnitte vrygestel, insluitend treffers soos “Daai Ding,” “Doenit Als Vir Liefde, ” “Laatnag Gedagtes,” “Opsoek Na Liefde,” “Lipstick,” en meer.

Sy nuutste enkelsnit “Morsig” is nou digitaal beskikbaar en sy vollengte country album, About Last Night is ook op alle stromingsdienste beskikbaar.

MORSIG

Uitgereik in 2024.

LUISTER HIER!

 

ABOUT LAST NIGHT

Uitgereik in 2024.

LUISTER HIER!

 

LAATNAG GEDAGTES

Die enkelsnit gaan oor die liefde en die leemte wat iemand los as hulle gaan. Uitgereik in 2023.

  1. Laatnag Gedagtes

LUISTER HIER!

OPSOEK NA LIEFDE

Sy nuutste album spog net agt nuwe snitte. Uitgereik in 2022.

    1. Opsoek Na Liefde
    2. Moenie Se Nie
    3. Ek Moes Ek Wou Ek Sou
    4. Oor Te Begin
    5. Oe
    6. Single
    7. Ek Wys Jou Wyne
    8. Wegdrink

LUISTER HIER!

DOEN DIT ALS VIR LIEFDE

Liefde is sy ding en hy doen dit als vir liefde se Ivan Roux. Uitgereik in 2021.

  1. Doen Dit Als Vir Liefde

LUISTER HIER!

 

LIPSTICK

Nog ‘n enkelsnit wat oor liefde handel. Uitgereik in 2020

  1. Doen Dit Als Vir Liefde

LUISTER HIER!

DAAI DING

Sy album spog met tien snitte wat ‘n kombinasie van oorspronklike en cover weergawes insluit. Uitgereik in 2018.

    1. Daai Ding
    2. My Rede
    3. Dis Liefde
    4. Foutief
    5. Is Jy Nie Meer Lief Vir My
    6. Engel
    7. Vier Seisoene Kind
    8. 54 5de Straat
    9. Kinders Van Die Wind
    10. Young Blood

LUISTER HIER!